Namibiu00ebr is Mej. Duitsland
Namibiu00ebr is Mej. Duitsland

Namibiër is Mej. Duitsland

Francoise Steynberg
’n Namibiese plaasmeisie, Leonie von Hase, is Saterdagaand in Europa Park as Mej. Duitsland gekroon. Boonop is sy op 35-jarige ouderdom die oudste skoonheid wat al ooit die Mej. Duitsland-kroon dra. Leonie is in Windhoek gebore en het op die plaas Jena naby Uhlenhorst grootgeword. Sy het as Mej. Schleswig-Holstein stof in die oë van 15 ander Duitse deelnemers geskop en is die jongste dogter van Raimar en Heidi von Hase. Raimar is welbekend in die Swakara-pelsbedryf en Heidi vir haar betrokkenheid by die bemagtigingsinisiatief Anin Embroidery by Hoachanas. Foto dpa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!