Namibiër ’n ambassadeur vir trots Afrikaanse vermaak

Alinda Lu’Mar gaan saam met NET Afrikaans werk om werksgeleenthede vir Namibiese vervaardigers en produksiehuise te skep.
Yandi Du Plessis
Alinda Lu’Mar, die eienaar en stigter van die Voice of Namibia-sangkompetisie, is as die Namibiese handelsmerk-ambassadeur vir die nuwe Afrikaanse aanlynstromingsplatform NET Afrikaans aangewys.

Lu’Mar is ‘n gebore Suid-Afrikaner, maar het in Namibië in die Gobabis-omgewing grootgeword. Sy is ‘n gereelde kunstenaar by groot feeste en kunstenaarsroetes in Namibië, en het oor die jare al verskeie gesogte toekennings in beide die musiek- en skoonheidsbedryf ingepalm.

“Ons deel Alinda se werksetiek en waardes en het hoë agting vir die hoogtes wat sy in ‘n kort tydjie met veral Voice of Namibia bereik het,” sê Phillip Rossouw, die inhoudshoof by NET Afrikaans.

“As handelsmerk-ambassadeur gaan sy nou saam met NET Afrikaans werk om werksgeleenthede vir Namibiese vervaardigers en produksiehuise te skep om moontlik hul eie nuutgeskepte produksies ín en vír Afrikaans op NET Afrikaans te kan stroom,” sê Rossouw.

Lu’Mar sê sy sien uit na die geleentheid wat dié aanlynstromings- en vermaaklikheidsplatform haar bied om ‘n positiewe bydrae tot die bevordering van Afrikaans te lewer.

“Afrikaanssprekendes – en spesifiek Afrikaanssprekendes in Namibië – is honger vir nuwe programme in dié mooi taal. Ek self is lief vir die Afrikaanse taal en kultuur, en kan nie wag om daadwerklik ‘n verskil op dié gebied te maak nie. ‘n Mens moet kan huil, sing, lag en feesvier in jou moedertaal,” sê sy.

Nuutgeskepte produksies vanuit Namibië, wat natuurlik aan NET Afrikaans se vereistes en standaarde voldoen, sal ‘n kans staan om eksklusief op NET Afrikaans gestroom te word.

Twintig splinternuwe reekse is tans op NET Afrikaans te sien. “Nuwe programme word weekliks gelaai om volhoubare kykgenot van topgehalte te verseker,” verduidelik Rossouw.

‘n Paar van die jongste leefstyl en vermaakprogramme sluit in:

*Oja! dis So-ja! (met Suid-Afrika se eie soja-koningin, Riëtte Strydom) wat heerlik kuier en kook met sojabone.

*Ouma se Raad - ‘n kookprogram met Daniel Hoffmann as aanbieder waarin verskeie Suid-Afrikaanse oumas hul gunstelingdisse voorberei terwyl hulle boererate uitruil en staaltjies uit hul kinderjare oorvertel.

*Hallo Dolly - ‘n heerlike kuier-en-braaiprogram met Kevin Leo, die gewilde sanger en sjef (vir dié wat nie weet nie) as aanbieder.

*Slagpen (met Marius Barnard) - vir die vuurwapenentoesias.

*Lekker kreatiewe vermaak vir die jongspan is natuurlik ook beskikbaar, waarvan Spoeg en Plak (met Jeanette Pretorius en Bee-Bee die By), Dienkie en Doedels die seekoeie, en Appelliefie en die Reus, deel is.

Teen N$79 per maand (wat vier digitale toestelle soos jou televisie, rekenaar, slimfoon en tablet insluit), kan NET Afrikaans-intekenare soveel van die programme kyk wat hulle wil, net wanneer hulle wil.

“Kykers word natuurlik ook saam met die Namibiese produksiehuise en vervaardigers uitgenooi om tree vir tree saam met ons te groei en hulle idees vir nuwe programme met ons te deel,” sê Rossouw.

MEER OOR NET AFRIKAANS

NET Afrikaans is die eerste kyk-op-aanvraag (Android-gebaseerde) betaaltelevisie-vermaaklikheidstoep én -aanlynstromingsplatform in en vir Afrikaans wat wêreldwyd op 31 Mei vanjaar amptelik bekend gestel is.

Die NET Afrikaans handelsnaam is afgelei van Netwerk Afrikaans en al die programme en produksies op die platform kan aanvullend tot ander kanale gekyk word.

Vars, nuwe en oorspronklike produksies en programme word weekliks gelaai en ’n gedeelte van NET Afrikaans se intekenaarsfooie gaan na die skepping van splinternuwe programme in en vir Afrikaans.

Besoek www.net-afrikaans.com vir meer inligting, of gaan loer op hulle Facebook-blad. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 27° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 19° | 28° Otjiwarongo: 19° | 30° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 25° | 36° Keetmanshoop: 23° | 39° Aranos: 24° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 19° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 17° | 26° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 22° | 31° Cape Town: 17° | 29° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 21° Harare: 17° | 21° Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84700.44 Up +1.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1834.96 Up +2.25% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16021.76 Down -0.37% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29605.12 Up +0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10061.77 Up +0.02% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 708.25/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.32/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 937.80/T DOWN -0.68% | Brent Crude Oil US$ 80.46/BBP DOWN -0.0094 | Platinum US$ 948.01/OZ DOWN -0.0012 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 27° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 19° | 28° Otjiwarongo: 19° | 30° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 25° | 36° Keetmanshoop: 23° | 39° Aranos: 24° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 19° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 17° | 26° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 22° | 31° Cape Town: 17° | 29° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 21° Harare: 17° | 21° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84700.44 Up +1.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1834.96 Up +2.25% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16021.76 Down -0.37% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29605.12 Up +0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10061.77 Up +0.02% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 708.25/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.32/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 937.80/T DOWN -0.68% | Brent Crude Oil US$ 80.46/BBP DOWN -0.0094 | Platinum US$ 948.01/OZ DOWN -0.0012