Namibiër ontvang wêrelderfenis-studiebeurs
’n Plaaslike kunstenaar wil ’n verbintenis tussen versierde plaashuise in Swede en Twyfelfontein se Unesco-wêrelderfenisgebied skep.
Tanja Bause – Imke Rust, die Namibiese kunstenaar wat in Duitsland woon en werk, het die Wêrelderfenis Studiebeurs vir 2021 gewen.
Die beurs vir die wêrelderfenisgebied, Versierde plaashuise van Hälsingland in Swede, is in 2018 gestig. Die beurs is vir kunstenaars wat kennis van die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap- en Kultuurorganisasie (Unesco) se wêrelderfenislys dra en wat geïnteresseerd is om die plaashuise met ander wêrelderfenisgebiede te verbind.
Die wenner kan vir ’n maand in een of twee van die plaashuise woon en kry ook 5 000 euro om hul projek tot uitvoering te bring.
“Ek is baie bly en trots dat ek gewen het, want dit beteken internasionale erkenning vir my kuns. My projekvoorstel is uit 101 inskrywings van 34 lande gekies, wat natuurlik vir my ’n eer is. Dit is vir my van groot betekenis dat my kuns en idees internasionaal gesien word. Natuurlik is ek ook ontsettend bly as ek my vaderland daardeur kan verteenwoordig,” het Rust gesê.
Sy het twee dae voor die sperdatum eers van die beurs gehoor.
“Dit was al amper te laat om ’n ordentlike konsep saam te stel, maar ek was vinnig in die projek gefassineerd. Die opdrag was dat ‘n mens deur middel van ’n kunsprojek ‘n verhouding met ‘n ander Unesco-wêrelderfenisgebiede moet skep. Ek het deur die nag gewerk om my voorlegging te voltooi.”
“In my kuns ondersoek ek herhaaldelik verhoudings en verbintenisse tussen mense, kulture en die natuur op verskillende vlakke. Daar is soortgelyke rituele oraloor die wêreld en ons word deur hulle verenig meer as wat ons geskei word. As boeremeisie was ek natuurlik ook nuuskierig oor die plaaslewe in Swede en hou ek van die verhouding met die natuur.”
Namibië het twee Unesco-wêrelderfenisgebiede.
“Twyfelfontein met sy rotstekeninge pas perfek ,want ook daar het die mense hulle omgewing met kuns versier, wel al oor die 2 000 jaar gelede. Dit pas goed in by die plaashuise van Hälsingland waar ryk plaasboere in die 19de eeu die kamers van hul huise geverf en versier het. Nie net dit nie, ek het ook baie aandag gegee aan die betekenisse van rotstekeninge en hul sjamanistiese en geestelike kenmerke, byvoorbeeld vir my ‘reënmaker’-werk. Ek sien uit om hierdie projek te doen om die verbintenisse deur kuns te verdiep en te verweef.”
Volgens Rust het sy nie vantevore van die versierde plaashuise van Hälsingland gehoor nie, maar nou sien sy uit om in die somer daarnatoe te gaan en haar projek te voltooi.
“Ek het gewoonlik ’n vae idee van wat ek beplan, maar ek ontwikkel my finale idee wanneer ek daar is. Ek bepaal die behoeftes, die moontlikhede en die uitdagings en ondersoek die ruimtes en materiaal wat ek op die perseel kry. Net soos die San-mense van Namibië, probeer ek ‘n perfekte balans tussen die terrein, natuur en kuns vind. Die kuns moet ‘n natuurlike deel van sy omgewing word. Afhangend van die situasie kies ek die materiaal en prosesse om kortstondig, tydelik of duursaam te wees. Ek is van plan om beelde wat deur die rotstekeninge van Twyfelfontein geïnspireer is, in die toegekende Hälsingland-gebied of in die huise te integreer.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie