Namibiër op kernramp se spoor
Henriette Lamprecht - Dit was die ergste ongeluk by ’n kernaanleg in die geskiedenis in terme van koste en ongevalle en een van slegs twee wat as ’n vlak 7-voorval (die maksimum klassifikasie) van die Internasionale Kernvoorval-skaal by ’n kernaanleg gekwalifiseer is.
Op 26 April 1986 ontplof ’n reaktor by die Tsjernobil-kernaanleg in die stad Pripyat in die Oekraïne, wat destyds nog deel van die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke (USSR) was. Groot hoeveelhede radioaktiewe partikels word in die atmosfeer vrygestel wat oor die grootste gedeelte van die westelike deel van die USSR en Europa versprei.
Altesame 31 mense sterf by die aanleg, met ’n verdere geraamde 15 000 wat weens bestraling in die omringende gebied dood is.
Vierhonderd keer meer radioaktiewe materiaal word tydens die ontploffing vrygestel as tydens die atoombom wat oor Hirosjima losgelaat is. Sowat 100 000 km² grond word in die nadraai van die ramp besoedel, met Belarus, die Oekraïne en Rusland wat die ergste geraak word. Ligter vlakke van besoedeling word oor die hele Europa, buiten die Iberiese skiereiland, aangeteken.
Die stryd om die besoedeling te beheer en ’n groter katastrofe af te weer, betrek meer as 500 000 werkers teen ’n beraamde 18 miljard roebels.
Dit was ’n surrealistiese ervaring en ’n terugbeweeg-in-tyd, vertel Johann Heckmair, die eerste Namibiër wat Tsjernobil besoek het.
Johann het die aanleg verlede jaar op 25 Junie as deel van ’n kerntoerismegroep besoek. Kerntoerisme fokus op toere na plekke wat met kernnavorsing en –tegnologie verbind word, plekke waar atoomontploffings plaasgevind het of wat verband hou met die gebruik van atoomenergie tydens oorlog of vrede.
“Ek was die enigste Namibiër saam met vier Amerikaners wat die dag daar was.”
Hy het by ’n vriend in Kiëf, hoofstad van die Oekraïne, gaan kuier en besluit om ook Tsjernobil te besoek omdat hy lief is vir geskiedenis en dit graag in “lewende lywe wou sien”, vertel hy.
Volgens Johann is daar twee opsies, een of twee dae, vir ’n besoek aan die rampgebied.
“Die sekuriteit is geweldig streng en die Oekraïense weermag hou jou goed dop terwyl jy deur die drie sones om Tsjernobil beweeg.”
Dis moeilik om in woorde te beskryf wat hy daar ervaar het, sê Johann.
“Dit is byna onverklaarbaar. Wil jy teruggaan in tyd in ’n tydkapsule, dan stel ek beslis so ’n besoek voor!”
Volgens Johann word die gevaar van bestraling baie duidelik aan besoekers uitgewys.
“Ja, dit ís gevaarlik en ek het bitter jammer gevoel vir die mense wat hul huise moes verlaat. Pripyat is ’n verskriklike mooi dorpie. Die ervaring het my persoonlik geraak en ek wil graag weer soontoe terugkeer.”
Dit is ’n “groot prosedure” om die perseel te verlaat, vertel Johann.
“Jy gaan deur ’n volledige ondersoek om vir enige bestraling te kyk.”
Besoekers word nie toegelaat om foto’s van kernreaktor 4 te neem nie.
“Word jy uitgevang, word jou simkaart, selfoon en kamera afgeneem.”
Volgens Johann “floreer” die natuur in die omgewing.
“Ek het egter geen wildlewe buiten katvisse gesien in die mensgemaakte rivier wat gebruik word om die reaktors af te koel nie. Dit is omtrent so groot soos ’n kar se wiele!”
Hy vertel voorts die rampgebied bestaan uit drie uitsluitingsones.
“Volgens die gids laat die Oekraïense regering die mense toe om tot by uitsluitingsone 2 terug te keer. Sone 1 is die gebied wat die reaktor omring wat 30 jaar gelede ontplof het.”
Johann het tydens sy besoek ’n bejaarde vrou ontmoet wat naby die gebied boer en wat saam met haar man toegelaat is om na sone 2 terug te keer.
“Hulle is beide ouer as 80 jaar. Soos ek van haar verstaan het, wou hulle net terugkeer na hul huis wat hulle gedwing was om te verlaat. Sy is ten volle bewus van die gevare van die blootstelling aan bestraling, maar sy geen nie om nie.”
Volgens Johann laat die Oekraïense regering net bejaardes toe om weer terug na die gebied te trek.
“Binne die drie sones werk kernwetenskaplikes deurentyd in skofte. Niemand is bewus hiervan nie, maar die ander reaktors het nog tot 2007 gewerk. Die wetenskaplikes beweeg gedurig tussen die drie sones. Bestraling binne sone 3 (die reaktor-sone) is baie hoog, maar die bestraling in sone 1 is laer as in Kiëf self.”
Hy kry die gevoel die jongmense is nie veel gepla om Tsjernobil te besoek of meer daaroor uit te vind nie.
“Hul gevoel is daar is so baie vernietigde en verlate spookdorpies, geboue en woonbuurte wat hulle in elk geval nie in belang stel om te besoek nie. Die gevoel is ‘ek gaan eerder strand toe of besoek ander lande’ voor ek Tsjernobil toe gaan.”
’n Oudinwoner van Pripyat het aan Johann verduidelik hy gee nie om wat die huidige situasie en die gevaar daaraan verbonde is om in die omgewing van Tsjernobil te bly nie.
“Volgens hom het hy en sy vrou hul hele lewe hier deurgebring. Toe die regering sê hulle kan tot by sone 2 terug trek, het hulle dit onmiddellik gedoen, hulle voel hulle is nou by die huis.
Oor Tjernobil
Vanaf 1986 tot 2000 is 350 400 mense uit gebiede soos Belarus, Rusland en die Oekraïne verwyder en hervestig.
Ná die ramp het vier km² dennewoud wat direk windaf van die reaktor geleë was rooibruin verkleur en gevrek, wat tot die naam Rooi Woud gelei het.
Met verwysing na die verlies aan menselewens het 237 mense ná die ramp akute bestralingsiekte (ARS) opgedoen, met 31 mense wat binne die eerste drie maande gesterf het. Die meeste van die slagoffers was brandweer- en reddingswerkers wat probeer het om die ongeluk onder beheer te bring het.
Die nabygeleë Pripyat is nie onmiddellik ontruim nie, met die inwoners wat binne ’n paar uur ná die ontploffing van ernstige hoofpyn, ’n metaalsmaak in hul mond, asook onbeheersde hoesaanvalle en braking gekla het. Aanvanklik sou Pripyat se inwoners net vir drie dae na veiligheid geneem word, maar dié bevel is egter later permanent gemaak.
Die Uitsluitingsone
’n Gebied wat oorspronklik oor 30 km in alle rigtings vanaf die aanleg gestrek het, staan amptelik as die “sone van vervreemding” bekend.
Dit is grootliks onbewoon, buiten vir sowat 300 inwoners wat geweier het om dit te verlaat.
Selfs vandag is die bestralingsvlakke so hoog dat werkers verantwoordelik vir die herbou van die sarkofaag toegelaat word om net vyf ure per dag vir ’n maand te werk, waarna hulle 15 dae moet rus. Oekraïense beamptes het beraam dat die gebied vir tot 20 000 jaar nie geskik vir mense sal wees om hier te bly nie. Tog het 187 plaaslike Oekraïners vanjaar teruggekeer en woon hulle nou permanent in dié sone.
In 2011 het die Oekraïne die afgesperde sone rondom die Tsjernobil-reaktor vir toeriste geopen.
Kerntoerisme
By Tsjernobil bestaan die uitsluitingsone van 30 km wat rondom die reaktor opgestel is steeds.
Langtermyntoegang tot die sone is verbode, maar korttermynbesoeke deur toeriste word toegelaat.
Die begeleide toere bied ’n veilige roete deur een van die wêreld se gevaarlikste plekke op aarde. Die Forbes-tydskrif het Tsjernobil uitgesonder as een van die mees unieke plekke op aarde om te besoek. As toeris jaag die besoek jou volgens die webtuiste www.losapos.com €115 uit die sak. Toeriste word per bus na die “verbode gebied” geneem waar slegs mense met spesiale toestemming toegelaat word.
Die meeste van die oppervlak wat deur die sone gedek word, is relatief veilig, maar daar is egter steeds plekke soos die Rooi Woud en die skrootwerf vir voertuie waar bestralingsvlakke nog baie hoog is.
Gevaar van bestraling
Waar radioaktiewe materiaal ’n organisme binnedring, word die radioaktiewe atome in die organisme geïnkorporeer, wat die afsterwing van selle tot gevolg het.
Die menslike liggaam bevat baie soorte selle en die bestraalde persoon kan selfs gedood word deur die verlies aan ’n enkele soort van die selle in ’n lewensbelangrike orgaan. Die tegnologie bestaan nog nie om die uitwerking van bestraling om te keer nie, en die skade is dus onherroeplik gedaan.
Mense wat nie te erg aan groot dosisse kernbestraling blootgestel is nie, maar tog daarvan siek word, kan simptome soos swakheid, braking, ’n verlies aan eetlus en diarree ondervind. Hulle kan ook geneig wees tot bloeding, met vermeerderde infeksies. As hierdie simptome egter so ernstig word dat komplikasies soos ontwatering, bloedarmoede en bloedstorting intree, kan hulle sterf.
In die ergste gevalle kan kernbesmetting tot siektes soos beenmurgverval, skildklierkanker en genetiese mutasies lei. Dit gaan dan gepaard met simptome soos onder meer haarverlies en gangreen van die tandvleis. Nadoodse ondersoeke sal toon dat die oorledenes se bloed byna geen witbloedliggaampies bevat nie, gekoppel met akute inflammasie in die slymvliese van die keel, longe, maag en ingewande.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie