Namibiu00ebr toon sukses met immunoterapie
Namibiu00ebr toon sukses met immunoterapie

Namibiër toon sukses met immunoterapie

Kankertelling daal drasties
Gerine Hoff
Henriette Lamprecht – ’n Nuwe behandeling vir voorheen onbehandelbare kanker wat melanoom insluit, het vir die 44-jarige Ivan Oosthuizen van Windhoek ’n nuwe hoop ná ’n skok-diagnose twee jaar gelede gegee. Ivan is in Desember 2013 jaar met melanoom gediagnoseer wat later suksesvol met immunoterapie behandel is.
Die kanker het ook na sy longe en brein versprei. Volgens Ivan is hy as hengelaar baie lief vir die buitelewe en son en het die plek op sy sleutelbeen geen irritasie of jeukerigheid gehad nie. Dit het wel groter geword en ? plaaslike dermatoloog het dit uitgesny.
“Dit was 1,4 mm dik en wanneer dit dikker as 1 mm is, moet ’n limfklierbiopsie (sentinel nodule) gedoen word.”
’n Biopsie het gevolg en in Januarie verlede jaar is verder gesny en is twee limfkliere verwyder. Dit het egter negatief vir kanker getoets.
Ivan is vir ’n skandering gestuur wat geen kolle op sy longe gewys het nie.
“Alles was skoon.”
Begin 2015 en ’n jaar later het Ivan as deel van sy normale ondersoek weer vir ’n skandering gegaan. Sewe kleinerige kolletjies is op sy longe opgemerk. Hy het ? plaaslike onkoloog, dr. Anelle Zietsman, in Windhoek gaan sien wat hom vir ’n PET-skandering Kaap toe gestuur het. Dié skandering het niks aangedui nie. Hy het ook vir die S100B-kankertellingtoets gegaan.
“Die S100B moet onder 0,105 wees, myne was 0,09 gewees.”
Volgens Ivan kon party van die kolle op sy longe moontlike tering-letsels wees wat genees het.
Na vier maande is Ivan weer vir ’n kankertelling getoets wat toe na 0,279 vferhoog het.
“Inflammasie kan dit egter ook verhoog.”
Hy het weer by dr. Zietsman gaan aanklop, wat Ivan weer vir ’n skandering gestuur het. Al die kolle op sy longe het vanaf Januarie tot April gegroei, met twee wat byna verdubbel het.
In middel-Mei is hy weer Kaap toe vir ’n PET-skandering waartydens ’n glukose-oplossing in die are gespuit word om enige kankerselle in die liggaam op te spoor. Die keer het die twee groter kolle op die longe PET-aktief gewys.
Omdat geen chemoterapie vir melanoom werk nie, het ’n onkoloog immunoterapie as behandeling voorgestel.
“Ippilumunab-behandeling is voorgestel. Sou dit nie werk nie, moes ek gaan vir die tweede opsie, Nivolumab.” Volgens Ivan is die sukseskoers van Ippilumunab tussen 20% en 25%.
Hy moes egter eers weer vir ’n breinskandering gaan voordat hy met die immunoterapie begin het. ’n Gewas van 3 mm x 4 mm is gevind wat eers met bestraling behandel is, voordat hy daarna uiteindelik met die immunoterapie begin het.
Ná sy eerste behandeling het sy kankertelling van 0,279 na 0,119 gedaal. Na sy tweede behandeling was sy telling 0,07 wat heeltemal normaal is.
“Ek het intussen ook alle suikers en koolhidrate uit my dieet gesny en vir osoonterapie gegaan.” Hy het ook die Rife-masjien gebruik.
Volgens Ivan het hy buiten moegheid geen negatiewe simptome van die behandeling gehad nie
Met die voltooiing van sy behandeling wat uit vier sessies elke drie weke bestaan, moet Ivan weer vir ’n skandering van sy longe en brein gaan.
“Ek is baie dankbaar vir my mediese fonds wat die behandeling moontlik gemaak het en ook die Kankervereniging van Namibië wat my bygestaan het.”
Volgens Ivan kan sy melanoom moontlik toegeskryf word aan sonbrand of ’n genetiese geneigdheid daartoe.
Volgens Ivan is die oorlewingskoers van ’n persoon waarvan melanoom na sy of haar organe versprei het, 15% vir vyf jaar en ongeveer 10% vir tien jaar. Hy sê daar is verskeie mense by wie melanoom na organe versprei het, wat wel oorleef het en vandag geen simptome meer het nie.
Hy is gelukkig met sy lewe, sê Ivan wat daarvan hou om in die natuur te boer.
“Ek sit om ’n kampvuur saam met vriende, ek vang vis, dinge wat ek nog altyd gedoen het en wat my gelukkig maak. Dit sal wonderlik wees as ek deel van die 20% sukseskoers van immunoterapie is!”
Hy glo en vertrou dat, as dit God se wil en plan is met hom, hy gesond sál word.
“Ons dien ’n groot en Almagtige Vader.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!