Namibiu00ebr vermoor glo vrou in Maleisiu00eb
Namibiu00ebr vermoor glo vrou in Maleisiu00eb

Namibiër vermoor glo vrou in Maleisië

’n Namibiër is in die buiteland agter tralies nadat hy sy meisie na bewering verwurg het en haar hande afgekap het.

Die 26-jarige man het volgens polisie in Maleisië, waar die misdaad gepleeg is, twee strafregtelike oortredings agter sy naam – een behels dat hy homself glo as ’n staatsamptenaar voordoen, en die ander onwettige betreding.

Volgens die Maleisiese regering se nuusagentskap Bernama het die man sy Nigeriese meisie se hande glo afgesny in ’n poging om bewyse te vernietig.

Die nuusagentskap haal die polisiehoof van die Sepang-distrik in Cyberjaya, mnr. Abdul Aziz Ali, aan wat sê die 33-jarige slagoffer se hande is in ’n asdrom op die sesde vloer van ’n woonstelblok gevind.

Haar lyk is in ’n woonstel in dieselfde blok gevind.

Volgens Abdul Aziz is die vrou se regterbeen ook byna heeltemal afgesny.

Hy het ook gesê die Namibiese verdagte is twee dae ná die slagoffer se lyk ontdek is deur ’n polisiespan van die D9-eenheid vir ernstige misdaad as deel van die Misdaadondersoekdepartement in Jalan Bukit Bintang, Kuala Lumpur, ondervra.

Volgens die nuusagentskap het Abdul Aziz tydens ’n nuuskonferensie vroeër die week gesê die Nigeriese vrou se dood spruit vermoedelik uit ’n bakleiery tussen haar en die verdagte in die woonstel, voordat hy haar na bewering doodgewurg het.

Volgens Abdul Aziz het die polisie ook ’n mes gevind wat na bewering gebruik is om die slagoffer se liggaam te skend.

Die nuusagentskap sê die Namibiër was ’n voormalige student aan ’n private instelling van hoër onderrig in die Klang-vallei, maar is verlede jaar geskors.

Hy het na bewering deur middel van sosiale media met die slagoffer kontak gemaak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!