Namibiu00ebr vertolk hoofrol in Fiela se kind
Namibiu00ebr vertolk hoofrol in Fiela se kind

Namibiër vertolk hoofrol in Fiela se kind

Francoise Steynberg
Die Namibiese aktrise Zenobia Kloppers het die hoofrol in die fliek Fiela se kind losgeslaan.

Zenobia, wat Fiela Komoetie sal speel, is ’n bekende aktrise en sanger, en sy is die dogter van mnr. Andy en dr. Alfreda Kloppers, en die kleindogter van mnr. Andrew en me. Richardine Kloppers – bekendes in Namibiese onderwyskringe.

Zenobia het ook die rol van Fiela in die 2007-verhoogproduksie vertolk.

Dié fliek, met Brett Michael Innes as regisseur, is op die bekroonde boek Fiela se kind deur die bekende ontslape Suid-Afrikaanse skrywer Dalene Matthee gebaseer.

Die topverkoperroman is in 1988 vir ’n fliek aangepas, met Katinka Heyns as regisseur en Shaleen Surtie-Richards as Fiela Komoetie.

Surtie-Richards se vertolking was so ikonies soos die karakter wat die fliek geïnspireer het.

Fiela se kind sal op 13 September in fliekteaters begin draai.

Foto Fathom Media

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer