Namibiër vir eers vry ná Chinees vlug
Ná 'n Chinese beskuldigde in September landuit gevlug het, is klagte teen 'n plaaslike sakeman, mnr. James Barron Wallace (49), voorlopig teruggetrek.
Die Chinese burger mnr. Zhi Geng (38) is in Februarie 2016 in 'n huis in die Ludwigsdorf-woonbuurt in die hoofstad deur die polisie se eenheid vir beskermde bronne in hegtenis geneem.
Dít in verband met die onwettige besit van 27 stukke renosterhorings van 1,14 kg ter waarde van N$91 000.
Wallace is saam met Zhi in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van sowat 95 kg perlemoen ter waarde van N$235 000.
Die klagte teen Wallace van Khomasdal is Woensdag in die landdroshof in Windhoek deur landdros Gerrit van Pletzen voorlopig teen hom teruggetrek. Dit volg nadat staatsaanklaer Tatelo Lusepani aangevoer het die staat is nie gereed om met die saak voort te gaan as Zhi steeds voortvlugtend is nie.
Zhi het op 11 September 2017 nie vir sy hofverskyning opgedaag nie en sy regsverteenwoordiger, mnr. Amoomo Kadhila, het nie geweet waar sy kliënt hom bevind nie. 'n Lasbrief vir Zhi se inhegtenisname is op dié dag uitgereik en sy borgtog van N$250 000 is deur die staat verbeurd verklaar.
Wallace se borgtog van N$30 000 word aan hom terugbetaal, maar klagte kan weer teen hom heropen word as die polisie daarin slaag om Zhi weer in hegtenis te neem. Albei het onskuldig gepleit.
Mnr. Norman Tjombe is Wallace se regsverteenwoordiger. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie