Namibiu00ebr wat in Engeland sterf, se oorskot nou tuis
Namibiu00ebr wat in Engeland sterf, se oorskot nou tuis

Namibiër wat in Engeland sterf, se oorskot nou tuis

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Benewens die 127 Namibiërs en buitelanders met verblyfreg in Namibië wat kort voor 07:00 vanoggend vanaf Londen by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe neergestryk het, is die lyk van ‘n Namibiër wat drie maande gelede in Engeland dood is, ook gerepatrieer.
Die 43-jarige mnr. Brian Hembapu (foto) van Ovitoto wat die afgelope jare in Wigan in Engeland gewoon het, is op 2 Maart dood toe hy verstik het terwyl hy geëet het.
Mnr. Ebson Ngondo, verkoopsbestuurder by Air Namibia, sê die nasionale redery het Hembapu se oorskot sonder enige koste vir die familie gerepatrieer.
Die uitvoerende bestuurder van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het vroeër skiftelike toestemming vir dié repatriasie verleen.
Aangesien hy nie ’n slagoffer van die coronavirussiekte was nie, kon dit geskied.
Nóg ’n Oshiherero-sprekende Namibiër is onlangs in Engeland dood.
Mnr. Abiud Vambetja Uazeua (56) is op 23 Mei in Nottingham aan Covid-19 dood. Sy oorskot kon in die lig van die pandemie en virusbestrydingsmaatreëls nie gerepatrieer word om hier begrawe te word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!