Namibiu00ebr word aan SA uitgelewer
Namibiu00ebr word aan SA uitgelewer

Namibiër word aan SA uitgelewer

Twee jaar soek
Denver Kisting
Denver Kisting



Interpol het voorverlede week 'n voortvlugtende man wat deur die Suid-Afrikaanse polisie gesoek is, by Kamanjab vasgetrek.

Mnr. Anthony van der Merwe, die beskuldigde, word met die dood van vier mense tydens 'n noodlottige motor­ongeluk in 2005 verbind.

'n Ingeligte bron na aan die ondersoek het einde verlede week aan Republikein gesê die Namibiese polisie – in samewerking met die internasio­nale polisieliggaam – was die afgelope twee jaar onverpoos op Van der Merwe se spoor.



Gesin uitgewis

Volgens die bron is vier lede van 'n gesin in 2005 tydens 'n ongeluk in die Wes-Kaap in die buurland uitgewis.

Die polisieondersoek daar het tot gevolg gehad dat Van der Merwe uiteindelik vanweë vier aanklagte van strafbare manslag verhoor sal word.

Die beskuldigde, wat eersdaags uitgelewer sal word, het glo destyds nie vir een van sy hofverskynings in Suid-Afrika opgedaag nie.

'n Lasbrief is vir sy inhegtenisneming uitgereik waarna later vasgestel is hy bevind hom êrens in Namibië.

Dit het die owerhede uiteindelik twee jaar geneem om hom op te spoor en aan te keer.

Hy is Donderdag 19 April op 'n plaas in die Kamanjab-omgewing in hegtenis geneeem.

Van der Merwe is reeds die volgende­ dag voor die Windhoek-landdroshof in Katutura gedaag.

Hy het verlede week weer in dié hof verskyn. Tydens hierdie verskyning het die man na wat verneem word, aangedui dat hy nie sy uitlewering na die buurland gaan teenstaan nie.



Shanghala moet teken

Die minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, is verantwoordelik om die uitleweringsbevel te onderteken sodat dit uitgevoer kan word.

Shanghala was gister uit die veld geslaan toe hy om kommentaar genader is.

“Hoe sou ek bewus wees van wat in die hof gebeur? Ek teken baie (bevele) daagliks. Ek teken baie uitlewerings­dokumente. Ek kan eerlik nie die naam onthou nie. Ek onthou nie name nie. Jammer, ek kan jou nie help

nie.”

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!