Namibiërs bekoor met hul melodieë
Topstem word binnekort gekroon
Die 22 semifinaliste van die sangkompetisie Voice of Namibia het op Saterdag 8 Mei op Droombos se verhoog meegeding om 'n posisie onder die top-12 los te slaan.
Die kompetisie gee aan opkomende sangers die geleentheid om hul vokale vermoëns ten toon te stel.
Die danser en huidige Mej. Tiener Namibië, Schwané Blignaut, was een van die gaskunstenaars wat tussendeur die handjievol gaste met haar danspassies vermaak het.
Die semifinaliste het voor 'n klein gehoor opgetree, maar hul ondersteuners wat nie daar kon wees nie, het die geleentheid aanlyn gevolg.
Die top-12 (in geen spesifieke volgorde nie):
• Lin-Mari Coetzee
• Joani Claassen
• Karla van der Merwe
• Jermain de Voss
• Cee-Jay Jacobs
• Keenan Carelse
• Zoey Shehama
• Carla van Kent
• Bernadine Goliath
• Andeline Wieland
• Jessica Strydom
• John-Raymond Cupido
JP Kotzé is as die “wild card”-deelnemer gekies en dring ook as die 13de deelnemer deur na die finale ronde.
Belangstellendes wat die geleentheid gemis het, kan daarna kyk
op die Facebook-blad Voice of Namibia.
Die finale ronde van die kompetisie sal op 19 Junie plaasvind, waar die wenner, die nuwe “stem van Namibië”, gekroon sal word.
'n Paneel wat uit ses beoordelaars bestaan, sal die finale besluit neem. Almal is kenners in die Namibiese musiek- en kunsbedryf.
Die paneel bestaan uit hoofbeoordelaar en musikant Savannah Collins, saam met die wenners van die afgelope drie jaar, Heiko Doedens, Nadia Hanssen en Claudine Nelson.
Theodore Cooksen, die voormalige dirigent van die Muscato-jeugkoor, en Lomine Vermeulen, die direkteur van die Namibiese kampioenskappe vir uitvoerende kunste, sal ook hul ervaring deel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie