Namibiërs byt vas deur woestyn

Ultrawedlope
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Die 35-jarige Tobie Verwey van Windhoek en Hannes Smit (44) van Keetmanshoop het onlangs die moordende Sahara-ren Namibië oor 250 kilometer binne sewe dae en ses skofte langs die Namibiese kuslyn en deur die woestyn voltooi.

Verwey het tiende algeheel met 'n tyd van 35 uur 44 minute 57 sekondes geëindig. Smit wat ook 'n bedrewe bergfietsryer is, het 21ste in 40:04:06 oor die eindstreep gegaan.

Mo Foustok (35) wat die gunsteling was om die wedloop te wen, het dit in 25:16:36 kafgedraf, terwyl die eerste vrou, Kirsten Althoff van Duitsland, algeheel sewende met 'n tyd van 33:36:37 was.

Die atlete het gemiddeld 35.71 km per dag oor ruwe terrein afgelê en moes hul eie water saam dra. 'n Gewone marathon is 42.2 km lank en dit plaas die deelnemers se uithouvermoë en vasberadenheid in perspektief. Verwey het die 250 km teen 'n gemiddelde spoed van bykans sewe kilometer per uur afgelê.

Hy het op Facebook mense en veral sy vrou vir haar ondersteuning bedank.

”Baie dankie vir almal se bood­skappe, oproepe, gelukwense, aanmoediging, vertroue in my vir hierdie 4deserts! Vir elkeen wat 'n bydrae gelewer het tot my voorbereiding op watter manier ook al! Ingram, PD, Ian! Daar was bloed, sweet en trane! Dit was 'n ervaring van 'n leeftyd. Nuwe vriende, nuwe plekke! My vroulief Corne, sonder jou aanmoediging, liefde, hulp, geduld en opofferinge sou dit nie moontlik gewees het nie,” het Verwey dankbaar geskryf.

Kommentaar

Republikein 2025-01-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!