Namibiu00ebrs derde u2018ryksteu2019 in Afrika
Namibiu00ebrs derde u2018ryksteu2019 in Afrika

Namibiërs derde ‘rykste’ in Afrika

Namibiërs is die derde rykste in Afrika met die gemiddelde individu wat in 2016 US$10 800 (sowat R142 500) verdien het, toon ’n nuwe verslag wat deur AfrAsia Bank en New World Wealth uitgereik is.

Die mense van Mauritius is die rykste in Afrika. Hul welvaart per kapita beloop US$25 700 (sowat R339 000).

Suid-Afrika lê tweede. Die gemiddelde rykdom van ’n persoon in Suid-Afrika per kapita was US$11 300 (sowat R149 000) in 2016. Dit is hoër as die US$10 800 (R142 500) wat dit in 2015 was.

Botswana, in die vierde plek, se syfer is US$6 700 (sowat R88 400).

Die verslag toon Zimbabwiërs is die armste in Afrika met welvaart per kapita van net US$200 (sowat R2 600) per persoon.

Vir die doel van die verslag verwys welvaart na die netto bates van ’n persoon en sluit al hul bates in soos eiendom, kontant, aandele en belange in maatskappye met hul aanspreeklikhede afgetrek.

Hulle verkies om welvaart per kapita te gebruik in plaas van BBP per kapita. In baie lande vloei ’n groot deel van die BBP na die regering en het dus min invloed op die welvaartskepping van private mense, veral in Zimbabwe, volgens die verslagskrywers.

Suid-Afrika het die meeste Amerikaanse dollar-miljoeners of individue met ’n hoë netto batewaarde.

Dit is mense wat US$1 miljoen (sowat R13,2 miljoen) of meer besit.

Daar is sowat 40 400 van hulle.

Boonop is daar omtrent 2 130 mense wat welvaart van meer as US$10 miljoen (sowat R132 miljoen) het.

Na hulle word as die mense met die miljoene verwys.

Egipte is hier in die tweede plek, gevolg deur Nigerië, Kenia, Angola en Morokko.

Die Demokratiese Republiek van Kongo het die minste individue met ’n hoë nettobatewaarde en miljoenêrs.

As na die totale welvaart gekyk word van mense wat in elke land woon, is Suid-Afrika boaan die lys met US$610 miljard, gevolg deur Egipte (US$313 miljard) en Nigerië (US$270 miljard).

Zimbabwe was weer in die laaste plek met ’n totale welvaart van US$3 miljard. – Netwerk24/Fin24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!