Namibiu00ebrs gemaan om nie rommel te strooi
Namibiu00ebrs gemaan om nie rommel te strooi

Namibiërs gemaan om nie rommel te strooi

Ronelle Rademeyer
Namibiërs is gemaan om nie rommel te strooi nie omdat dit die omgewing onaantreklik maak vir besoekers en skadelik is vir die ekosisteem.
Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, het Vrydag in die ministerie se feesseisoenboodskap gesê baie rommel word gewoonlik gedurende die feestyd op strande langs die see en in die duine by die kusdorpe opgemerk. Hierdie rommelstrooiing moet ontmoedig word aangesien die kusdorpe deur nasionale parke omring word.
“Die ministerie wil die publiek daaraan herinner dat rommelstrooiing en onverantwoordelike afvalstorting die grond, lug en water kan besoedel met gifstowwe, chemikalieë en bakterieë wat siektes kan veroorsaak. Rommelstrooiing is een van die mees sigbare en volgehoue omgewingskwessies en die land moet jaarliks ’n aansienlike hoeveelheid hulpbronne aanwend om dit op te ruim en die skade te herstel," sê hy.
Hy het ook gewys op die groot getal veldbrande vanjaar waarin sowat 2,5 miljoen hektaar afgebrand het. Muyunda herinner die publiek die brandseisoen duur tot Januarie en voorkomende maatreëls moet gedurende die feestyd gehandhaaf word.
"Ons doen verder 'n beroep op lede van die publiek om hierdie feesseisoen waaksaam te bly teen wildmisdade soos onwettige jag en handel in wild en wildprodukte en daaraan deel te hê nie," het hy gesê.
Muyunda het beklemtoon die ministerie het in samewerking met wetstoepassingsagentskappe en met die hulp van die publiek altesaam 273 verdagtes vanjaar aangekeer en 144 wildmisdaadsake geregistreer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!