Namibiërs in Israel: ‘Elke saak het twee kante’
Twee Namibiërs vertel uit Israel hoe die jongste konflik in dié land hul daaglikse lewe raak.
Henriette Lamprecht – Die geweld tussen Israel en Palestina wat as die ergste sedert 2014 bestempel word, oorheers nuuskanale, met die Verenigde Nasies wat gister vergader het om ’n oplossing te probeer vind.
Hoewel Israel gister voortgegaan het om lugaanvalle op Palestina uit te voer, en dié teruggekap het deur vuurpyle op Israel af te vuur, meen ’n Hamas-beampte ’n skietstilstand sal binne dae bewerkstellig word, met Egipte wat as bemiddelaar in die onderhandeling sal optree.
HERMAN OOSTHUIZEN
Herman Oosthuizen en sy Israelse vrou, Dana, woon sedert Januarie 2013 in Israel. Herman bedryf Dusty Trails Safaris en neem Israeli’s en ook toeriste uit Europa op safari na sy geboorteland, terwyl Dana ’n sagteware-projekbestuurder in die kubersekuriteitsbedryf is. Die Oosthuizens het twee seuns, Ari (7) en Oz (5), en het in Namibië ontmoet toe Dana as vrywilliger by die Harnas-wildstigting gewerk het. Hulle is in November 2012 op Harnas getroud.
“Ons bly in ’n dorpie Tel Mond sowat 30 km noord van Tel Aviv. Ons bly so bietjie uit die ekonomiese spilpunt en die dorpie het ’n plattelandse atmosfeer en is ’n entjie buite die stad. Ons is drie Namibiërs wat hier bly en met mekaar kontak hou.
“Waar ons bly, maak dat ons darem nie so direk in die gebied is waarnatoe vuurpyle geskiet word nie. Ons is so 100 km noord van Gasa. Daar word egter wel somtyds op ons gevuur, wanneer hulle die groot vuurpyle uithaal! So twee, drie jaar gelede is ’n huis nie ver van ons af nie, een oggend omstreeks vyfuur deur ’n vuurpyl getref. Gelukkig is niemand beseer nie.
“Ons het verlede week ’n besige tyd in die aande gehad en moes een aand twee keer na ons bomskuiling toe gaan. Die laaste twee aande kon ons darem deurslaap!
“Almal gaan aan met hul daaglikse lewe, maar die skole is gesluit en daar is aanbeveel mense moet van hul huise af werk waar hulle naby hul bomskuilings kan wees. Dit het al deel van die lewe hier geword, want daar word gereeld vuurpyle vanuit Gasa geskiet, maar nie so erg soos nou nie. Van die statistiek wat deurgegee is, sê daar is van verlede Maandag al 3 100 vuurpyle in Israel ingeskiet. Dit gee jou ’n gemiddeld van ongeveer 440 per dag.
“Israel het ’n baie goeie manier om inligting oor die situasie oor te dra. ’n Nuuskanaal berig voltyds hieroor, terwyl ons ook toepassings op ons selfone het wat waarsku sodra daar vuurpyle afgevuur word. Die toepassing sê ook vir jou in watter rigting geskiet word. Jy kan dit stel dat net jou gebied op jou selfoon geaktiveer word en sodoende kry jy net waarskuwings wanneer dit jou gebied raak. Elke dorp het ook ’n sirenestelsel wat geaktiveer word sodra die sensors optel dat die vuurpyle na jou dorp onderweg is. In ons dorp het ons 90 sekondes om in ons bomskuiling te kom, voordat die vuurpyl ons gebied tref.
“Die meeste van die huise het – soos ons huis – ’n bomskuiling in die huis. Ons huis s’n is deel van ’n ondergrondse vloer. Die meeste mense wat rondom Gasa bly en waarheen die meerderheid vuurpyle afgevuur word, het tussen 10 en 15 sekondes om in hul skuilings te kom. Die meeste mense bly en slaap in hul skuilings. Van die inwoners skuif noord na familie en vriende om uit die gebied te kom. Die meeste inwoners hier maak ’n bestaan uit landbou en hul landerye.
“Israel het ook ’n ysterkoepelstelsel wat ontwikkel is en groot beskerming aan inwoners bied. Dit is ’n stelsel wat die inkomende vuurpyle afskiet en het ’n sukseskoers van 90%. Die ysterkoepel is strategies opgestel om maksimum beskerming aan inwoners te bied en is die groot rede vir die lae lewensverlies in Israel.
“Oor ’n moontlike oplossing vir die geweld, wil ek my nie uitlaat nie, want dit is maar ’n redelike warm patat! Met betrekking tot inwoners en ons veiligheid, as jy by die voorgeskrewe regulasies hou en dit uitvoer, is jy redelik veilig.
“Tot dusver – ná al die vuurpyle – is daar net 10 mense dood. Ons bly meeste van die tyd by die huis en beweeg so min as moontlik rond. Daar is tans ook betogings aan die gang en ‘n mens wil nie in dit betrokke raak nie. Ons spandeer ons tyd op ’n eg-Namibiese manier – braai soveel as moontlik vleis en speel in die swembad saam met die kinders!
“Ja, die situasie is ongemaklik en jy weet nie wanneer jy weer gereed moet maak om in die bomskuiling te kom nie. Ons het vir die kinders ’n inligtingsvideo gewys, sodat hulle ook weet wat aangaan. Nou weet almal wat om in ’n noodsituasie te doen.
“Oor die algemeen verlang ons baie terug na Namibië, maar danksy my werk is ek gereeld daar! Ek dink vandag steeds Namibië is die land van melk en heuning. Ons kry daagliks oproepe en boodskappe uit die land van mense wat omgee en wil hoor hoe dit met ons gaan.”
BIANCA MEGER
Bianca Meger, haar Israelse man, Sagiv, en hul kinders, Kimberly, Dylan en Dean, woon die afgelope agt jaar in Israel.
Bianca het Sagiv 18 jaar terug in Angola ontmoet waarna hulle tussen Israel en Angola gependel het, vir ’n paar jaar in Serwië en die Tsjeggiese Republiek gebly het en nou vir die laaste agt jaar permanent in Israel nes geskop het.
Bianca doen konsultasiewerk, bestuur en beleggings in die tegnologiebedryf in Israel, maar het ook vir die laaste jaar saam met haar man in die toerismebedryf in onder meer ’n gastehuis in Namibië belê en beplan om die land as toerismebestemming te bemark. Bianca en haar gesin bly soos die Oosthuizens in Tel Mond.
“Die gebied waar ons bly, is redelik welgesteld. Elke huis het sy eie bomskuiling en ons kan as die sirenes afgaan, net hiernatoe hardloop. ’n Mens weet nooit wanneer dit kan gebeur nie. Elke dorp het sy eie sirenestelsel en die Israelse weermag het ’n algoritme wat presies bepaal waar die vuurpyle gaan land. Ons het so 20 tot 25 sekondes vandat die sirene afgaan om in die bomskuiling te kom.
“Dit klink baie, maar as dit 02:00 die oggend is en jy moet drie kinders uit die bed kry, die hond soek, afhardloop en dan al die metaalvensters en deure toemaak, is dit baie, baie kort.
“Die laaste keer wat ons afgehardloop het, het ons dit net-net gemaak, net soos wat ons die deure toegetrek het, het die ontploffings afgegaan.
“Die ding wat jou die bangste maak, is die feit dat jy nooit weet wanneer dit gaan gebeur nie. In ons gebied is dit nie so baie soos in die suide van Israel nie. Hier bly die mense letterlik in hul bomskuilings, want in vyf minute kan die sirene soos drie keer afgaan. Dis baie ontwrigtend, want die kinders kan nie skoolgaan nie, jy kan nie gaan stort of winkels toe gaan nie, want jy weet nie wanneer wat gaan gebeur nie.
“As jy byvoorbeeld op die hoofweg ry en die sirene gaan af, word op die radio presies gesê in watter dorpe jy uit die motor moet klim en langs die hoofweg met jou hande op jou kop gaan lê. In ons huis is ons kinders redelik kalm, ons het verduidelik wat aangaan en hulle weet presies wat om te doen as dit gebeur. In baie ander huishoudings raak die kinders histeries die oomblik wanneer die sirene afgaan. Kinders maak hul bed nat, huil verskriklik en is bang vir doodgaan.
Die sielkundige impak op die kinders is verskriklik erg en ek dink ’n mens kan nie eens besef hoe dit vir hulle moet voel nie, ook vir vroue en ou mense.
“Ek het een nag 02:00 wakker geword en op die balkon gaan staan en in die rigting van Tel Aviv gesien hoe die vuurpyle oor kom. En jy kan niks daaromtrent doen nie. Dis ’n verskriklike gevoel om te dink jy kan nie jou familie veilig hou nie.
“Die Israelse regering doen alles in hul vermoë om inwoners veilig te hou. Die land is op die oomblik verskeur. Jy kan dit sien in die feit dat ons vier keer verkiesings gehad het. Die helfte is liberaal, die ander helfte meer tradisioneel en meer gelowig en glo hulle moet veilig gehou word. Arabiere en Jode wat in Israel bly, wil almal vrede hê en wil weet hul kinders is veilig.
“Israel is ’n land waar die Arabiese bevolking kan floreer. Almal kan na die beste universiteite gaan en van ’n dokter tot ’n prokureur word. Daar is beslis ’n verdeling, maar oor die algemeen wil die mense regtig net hul lewens in vrede geniet. Mense wil verandering hê, maar die politiek is baie moeilik op die oomblik.
“Die wêreld moet ophou om bevooroordeeld te wees; elke storie het twee kante. Daar is klein kinders wat in Palestina sit en wat doodbang is om dood te gaan en net so is daar Joodse kinders wat net so bang is en wat ook seerkry.
“Hamas is op die ou einde ’n terroriste- organisasie wat agter hul burgerlikes wegkruip en niks doen om hulle veilig te hou nie. Jy kan nie vuurpyle na ’n land toe skiet en verwag daar gaan nie nagevolge wees en die weermag nie betrokke gaan raak nie.
“Dat Israel net ingaan en mense en kinders doodmaak, is nie die realiteit op die grond nie. Vir my is die grootste kwessie hoe gaan ons die land verenig? Ek weet nie wat die oplossing is nie, maar ek kan verstaan hoekom party mense nie goed voel nie. Ek bedoel ek is ’n Christen getroud met ’n Jood in Israel; dis nie altyd die maklikste ding nie.
“Ons kinders moet saam skoolgaan. Ek wil hê my kinders moet saam met Arabiere in ’n skool kan wees sodat hulle van mekaar kan leer.
“My man het ’n hele paar besighede en hy is nooit by die huis nie, hy is altyd op die pad. Ek is doodbang iets gebeur met hom.
“Het ek al gedink om op ’n vliegtuig te klim? Nee, want ek sal nooit my man los nie. Ek glo as ’n familie moet ons saamstaan. Ek is wel bang dat terrorisme in die land kan uitbroei.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie