Namibiërs jaag hond uit ’n bos in Angola

Besoekers moes vanaf Luanda nog ’n stamperige 400 km per bus na die venue diep in die gramadoelas aflê.
Tielman van Lill
Tielman van Lill in Angola - Dertien adrenalienverslaafde Namibiese jaers en navigators het verlede Woensdag vanaf Internasionale Lughawe Hosea Kutako na Luanda in Angola vertrek om Saterdag aan die 2018 Lupupa Rali TT Internacional-veldren by die Lupupa Lodge naby Waku Kungo in die Kwanza Sul-provinsie teen drie ander lande deel te neem.

In die motorfietsafdeling het Henner Rusch (KTM 300), Pascal Henle (KTM 300), Rainer Sentefol (KTM 350), Alwyn Hennop (Yamaha 250) en Duard Wiese (Husqvarna 300) die Namibiese vlag laat wapper.

Terselfdertyd was JL Opperman en Tiaan Jacobsz onderskeidelik met hul KTM XC 525 en Yamaha R700 Raptor die verteenwoordigers op die vierwielmotorfietse.

Met die TT-afdeling vir bakkies en ander monstervoertuie het die broers Stefan en navigator Lappezch Labuschagne (Land Rover V8), Bertie Smit en navigator Dewald Venter (Mazda V8) asook Japie Koortzen (drywer) en Wehan Meyer met hul V8 Land Cruiser ingeskryf. In totaal het 34 voertuie, mororfietse en kwads van Angola, Namibië, Portugal en die Demokratiese Republiek van Kongo ingeskryf.

Dit was vir die meeste Namibiërs ’n wildvreemde ervaring en baie is geleer wat heelwat anders as die normale plaaslike tydrenne en enduro-byeenkomste aangebied word.

Die ren is deur ’n proloog van 12 kilometer voorafgegaan wat die deelnemers se wegspringposisies in die vier verskillende afdelings bepaal het. Daarna is drie rondes van 58 km onafgebroke afgelê op ’n roete wat eintlik deur die jaers as te vinnig en gevaarlik bestempel is.

Met die proloog het Rusch (11 minute 18 sekondes) eerste by die motorfietse geëindig, terwyl Opperman (11:07) by die kwads baas was. Die Isuzu D-Max van Rui Sousa en navigator Carlos Silva (Angola) was in 12 minute 13 sekondes in die TT-afdeling eerste, terwyl die Labuschagne’s derde in 13:28 aangekom het.

Die Angolese is baie lief vir hul Polarisse en bykans almal het met ’n RZR XP 1000 of 900 gejaag. ’n Monstervoertuig wat natuurlik almal se aandag gehad het, was die brullende Bat Racing 7000 van Edoardo Aragazzi van die DRK wat ongelukkig ná die tweede ronde moes onttrek. Arggazzi is ’n man wat reeds die Dakar-uithouren in die agtste plek voltooi het.

Ook Bertie Smit moes ná die tweede ronde halt roep toe die Mazda se stuurkas die gees gegee het. Duard Wiese se kwad met ’n befoeterde ratkas wat by die Mazda aangesluit het.

Die voorste uitslae:

TT (186 km): 1. Rui Sousa/Carlos Silva (Angola), Isuzu D-Max, 2 ure 34 minute 20 sekondes; 2. Malo Almeida/João Paulo (Angola), Nissan 3.0 G, 2:38:05, 3. Stefan/Lappezsch Labuschagne (NAM), Land Rover V8, 2:41:15.

Kwads (186 km): 1. JL Opperman (NAM), KTM XC 525, 2:20:24; Tiaan Jacobsz (NAM) Yamaha R700 Raptor, 2:32:59.

Motorfietse (186 km): 1. Frank Verhoestraete (DRK), KTM EXC 500, 2:14:11; Hugo Carvalho (Angola), KTM XCW 500, 2:14:21; 3. Henner Rusch (NAM), KTM 300, 2:18:16.

Jaap Koortzen en Wehan Meyer van Keetmanshoop verdien spesiale vermelding vir hul poging om die massiese Land Cruiser vyfde in die TT-afdeling met 3:02:10 te laat inskyf.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!