Namibiu00ebrs kan u201cMoffieu201d nou aanlyn kyk
Namibiu00ebrs kan u201cMoffieu201d nou aanlyn kyk

Namibiërs kan “Moffie” nou aanlyn kyk

Die vervaardigers van die internasionaal bekroonde fliek Moffie, wat groot opslae in Suid-Afrika gemaak het, stel dit vanaf vandag (Dinsdag) aanlyn aan Namibiërs beskikbaar.

Hulle is oorval deur navrae oor die rolprent. Dit gaan oor ’n jong dienspligtige wat sukkel om in die apartheidsera in Suid-Afrika se weermag te oorleef te midde sy eie persoonlike stryd met homoseksualiteit.

In die weke voordat die Covid-19-pandemie Suider-Afrika getref het, het die fliek se vervaardiger, Eric Abraham, en regisseur Oliver Hermanus, reeds ’n proses begin om ’n plan saam te stel wat verseker mense kan dié gerekende fliek tuis kyk.

“Ek is baie opgewonde dat ons die aanlyn stroming van die fliek nou kan uitbrei om ook die Namibiese gehoor in te sluit,” het Hermanus in ‘n verklaring gesê.

“Ons doen dit op publieke aandrang.”

“Ek het deur Namibië gereis voor ek die fliek gemaak het om die landskap te verken en vir navorsing vir Moffie. Ek is verheug om die finale produk met Namibiërs te kan deel.

“Jy kan dalk nie die huis verlaat nie, so ons hoop ons kan jou ten minste vermaak,” het Hermanus gesê.

Moffie se rolverdeling sluit Kai Luke Brümmer, Hilton Pelser, Matthew Vey, Stefan Vermaak en Ryan de Villliers in. Eric Abraham en Jack Sidey is die vervaardigers met Theresa Ryan-van Graan as medevervaardiger.

Om uit te vind hoe kaartjieverkope werk of na die fliek te kyk, besoek die volgende skakel: www.moffiefilm.com/stream. Kaartjies kos N$150 per vertoning en is vir 24 uur geldig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!