Namibiu00ebrs loop maansverduistering mis
Namibiu00ebrs loop maansverduistering mis

Namibiërs loop maansverduistering mis

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Oor groot dele van die wêreld het mense Sondagnag met groot opgewondenheid die superbloed-wolfmaansverduistering gevolg. Vir Amerikaners was dit die eerste totale maansverduistering in drie jaar gewees.
In Namibië het die maan vroeg vanoggend (Maandag) tussen 04:36 en 05:33 gedeeltelik verduister. Aangesien die maan agter die horison verdwyn het net toe die verduistering begin het, kon Namibiërs dit nie waarneem nie.
Nasa het hierdie maansverduistering as een van vanjaar se mees skouspelagtige ruimtegebeure beskryf omdat dit saamgeval het met ‘n supermaan. Dit beteken die maan het sy naaste punt aan die aarde bereik en was 13% nader en 30% helderder as normaalweg.
‘n Totale maansverduisterings word dikwels ‘n bloedmaan genoem omdat die son, aarde en maan ‘n reguit lyn vorm en die sonstrale wat deur die aarde se atmosfeer op die maan skyn, dit rooi laat vertoon. Die eerste volmaan in Januarie staan ook in sommige kulture as die wolfmaan bekend – vandaar die benaming van “superbloed-wolfmaan”.
Foto: Hier kan die maansverduistering in die Tseggiese hoofstad, Praag, gesien word. Foto Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!