Namibiërs maak hul merk in grilfliek
Die rolprent Valara is ’n antologie wat uit verskeie kortfilms saamgestel is.
Yandi du Plessis
’n Kortfilm wat deel uitmaak van ’n multinasionale gruwelfliek is onlangs in Namibië verfilm, en spog met ’n trots-Namibiese rolverdeling en filmspan.
Die rolprent Valara is ’n antologiefilm wat uit verskeie kortfilms saamgestel is.
Al die kortfilms volg ’n wêreldwye gebeurtenis, en ons sien hoe hierdie gebeurtenis in die loop van 'n jaar oor die hele wêreld afspeel.
Die verhale self is apart, in verskillende style, geskiet deur filmmakers wêreldwyd, maar daar is 'n aantal verbindingselemente en ’n goue draad wat deur al dié spesifieke gebeurtenisse verweef is.
Die kortfilms is van Los Angeles tot Londen, Nederland en Indië geskiet.
Die Namibiese rolprentspan is trots om die rolprent wat in Afrika afspeel, te verfilm en te vervaardig.
Valara is ‘n sielkundige gruwelfliek met gruwel- en wetenskapfiksie-elemente en word vir volwassenes en nié-sensitiewe kykers aanbeveel.
“‘n Jong meisie word wakker op 'n skynbaar perfekte plek sonder om te weet wie sy is of hoe sy daar gekom het. Wanneer sy besef dat hierdie plek alles behalwe perfek is, vind sy 'n bondgenoot en probeer ontsnap, net om meer ontstellende waarhede te ontdek oor wat werklik aan die gebeur is,” vertel Florian Schott, die regisseur, een van die draaiboekskrywers en medevervaardiger van die film. Meer as dít kan hy nie in hierdie stadium verklap nie.
Schott vertel die titel van die rolprent het ’n unieke, spesifieke betekenis in al die kortfilms in dié antologie. “Wat dit beteken, kan ek nog nie sê nie,” vertel hy geheimsinnig.
Hy vertel hulle het einde verlede jaar idees begin uitruil en die draaiboek begin skryf. Die film is einde Junie binne vier dae geskiet en is tans in die regie-fase.
Valara is op verskeie plekke in die hoofstad geskiet. Baie van die tonele is in Havana, Katutura, verfilm, asook in die middestad en ondergronds.
Die jong Camilla Jo-Ann Daries van Baxu and the Giants-faam is die ster in die rolprent. Dié keer sal sy die skerm met die sesjarige nuweling Tia Garises en die The White Line-aktrise Sunet van Wyk deel.
Obed Emvula is die rolprentvervaardiger en mededraaiboekskrywer en Renier de Bruyn die kinematograaf, terwyl Haiko Boldt die regie behartig en Tanya Stroh die produksie-ontwerp. Kulan Ganes was die kostuumontwerper en grimeerkunstenaar op die stel.
Valara is die “kreatiewe baba” van ’n trots-Namibiese rolverdeling en filmspan.
Die produksiemaatskappy wat vir die film verantwoordelik is, is in Kanada geleë en hulle probeer om saam met plaaslike spanne oraloor die wêreld te werk, vertel Schott.
Hy is weer eens geheimsinnig oor die ander noemenswaardige individue en -instellings wat by die produksieproses betrokke is. “Ons het 'n fantastiese span gehad, en dit is al wat ek nou kan sê. . .”
Die film maak deel uit van 'n hoofspeelprent en word deur die produksiemaatskappy in Kanada gefinansier.
Die datum waarop die rolprent uitgereik word, is nog in geheimhouding gehul.
“Volgende jaar, meer as dít kan ek nog nie sê nie,” sê Schott.
Baxu and the Giants
Twee jaar ná Schott en Daries saam aan die kortfilm Baxu end the Giants gewerk het, werk hulle nou weer saam aan Valara.
Dié kortfilm Baxu is die eerste plaaslike film wat op Netflix wys.
Die film is op 14 September verlede jaar uitgereik en het reeds verskeie internasionale toekennings ingepalm, insluitend die beste buitelandse narratief by die San Francisco Independent Short Film Festival en beste kinematografie by die Kanadese asook Europese Kinematografiese Toekennings.
Volgens Scott wat die draaiboek neergepen en in die regisseurstoel gesit het, het dié proses ’n groot aandeel in die film se bevordering gehad om op Netflix te verskyn.
Die verhaal fokus op die sosiale verandering wat in ’n moderne Namibiese landelike gemeenskap meegebring word deur renosterstropery, soos vertel uit die oogpunt van ’n negejarige meisie gespeel deur Daries. Met dié narratief het Baxu and the Giants beoog om bewustheid onder jong gehore, veral kinders en tieners, te skep oor omgewingskwessies soos renosterstropery en om die gesprek aan die gang te hou.- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie