Namibiërs nog in 91 lande nie welkom

Namibiërs kan nou weer na drie belangrike bestemmings reis – Duitsland, die VSA en Brittanje.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Goeie nuus vir die plaaslike toerismebedryf op die drumpel van die nuwe jaar is Duitsland en die VSA se aankondigings dat die streng reisbeperkings vir mense uit Namibië gelig is.

Dié markte is twee van die toerismebebedryf se grootste voedingsbronne.

Die aankonidigings volg nadat kommer oor die gevare van die Omicron-variant wêreldwyd afneem.

Duitsland het Maandag aangekondig Namibië word van 4 Januarie 2002 nie meer as 'n "virusvariantgebied" beskou nie en grense is heropen vir reisigers uit Namibië, Suid-Afrika en ander lande in die streek.

Namibië, saam met buurlande, is as 'n “virusvariantgebied” geklassifiseer ná die identifisering van die Omicron-variant van SARS-CoV-2 deur Suid-Afrikaanse wetenskaplikes op 26 November verlede jaar.

Dit het reise na dié Europese land beperk tot net Duitse burgers, mense met permanente verblyfreg en lede van hul onmiddellike families. Hierdie vrygestelde reisigers, hetsy volledig ingeënt of nie, is gedwing om twee weke lank kwarantyn te ondergaan.

In ’n regeringskennisgewing Maandag het Duitsland Namibië en sy buurlande se status verander na “hoërisiko-gebied”, wat beteken Namibiese reisigers word nou in Duitsland toegelaat sonder kwarantyn mits hulle hul Covid-19-inenting- of herstelstatus kan bewys.

Daarbenewens het die VSA se pres. Joe Biden op 28 Desember proklomasie 10315 herroep en aankondig reisigers uit Namibië en buurlande mag Amerika weer vanaf 31 Desember besoek. Hulle moet ’n negatiewe Covid-19-toets kan toon wat nie ouer as een dag is wanneer hulle by die lughawe vir hul vlug aanmeld nie. Verder moet hulle ten volle ingeënt wees en deurgaans tydens hul reis na die VSA ’n masker dra.

“Nadat is die afgelope paar weke meer oor die Omicron-variant geleer het, beveel die CDC (Sentrum vir Siektebeheer) nou aan om die reisbeperkings wat in Proklamasie 10315 opgelê is, op te hef. Sedert ek daardie proklamasie uitgereik het, het ons nasie se gesondheidsbeamptes, in samewerking met die Suid-Afrikaanse wetenskaplikes wat oorspronklik die variant aangemeld het, aansienlike vordering gemaak met die verstaan ??van die Omicron-variant. Wetenskaplikes het vasgestel mense wat teen Covid-19 ingeënt is, is teen ernstige siekte en hospitalisasie beskerm wanneer hulle die Omicron-variant opdoen. Boonop het die Omicron-variant nou na meer as 100 lande versprei, en dit is algemeen in die VSA,” sê Biden in sy verklaring.

Die Verenigde Koninkryk (VK) was een van die eerste lande wat Suid-Afrika en sy buurlande ná 26 November op sy rooilys geplaas het. Ongeveer 70 lande het daarna gevolg.

Die VK was egter ook die eerste om sy beperkings teen die middel van Desember te verslap.

Hoewel 43 lande tans net geringe beperkings vir Namibiërs reisigers handhaaf en 22 lande se reisbeperkings matig van aard is, is daar nog 91 bestemmings waar ernstige beperkings geld.

Dit sluit die meeste Europese lande, Rusland, China, Japan, Australië en Nieu-Seeland in.

Volgens Skyscanner, ’n aanlyn toep met die jongste inligting oor Covid-19-reisbeperkings, word Namibiërs afgeraai om na hierdie lande te reis. Hul grense kan heeltemal gesluit wees vir nieburgers of mense wat nie permanente verblyfreg het nie.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!