Namibiërs ongedeerd ná aardbewings

Twee Namibiërs wat in Christchurch woon vertel hoe hulle die hewige aardskuddings ervaar het.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Namibiërs in Nieu-Seeland is veilig ná reuse-aardbewings en naskokke wat die land getref het.

Pierre Changuion, ''n voormalige subredakteur van Republikein en tans nuusredakteur van The Christchurch Press, het gesê dit het erg geskud, "maar dit het meer ’n rollende impak gehad" as die vernietigende aardbewing wat Christchurch vyf jaar gelede getref het en 185 lewens geëis het.

"Hier is baie min skade in Christchurch self en ons het die aardbewing dié keer tweedehands gekry," het hy gister telefonies aan Republikein gesê.

Changuion sê die grootste krisis is in die Canterbury-streek wat meer as 100 km noord van Christchurch is en die skade is aansienlik. Hy sê die ergste is die een naskok na die ander, maar hulle was voorbereid op die tweede aardbewing Maandag omstreeks 13:45 wat 6,3 op die Richterskaal gemeet het. Die eerste aardbewing van 7,8 het Maandagoggend net ná middernag plaasgevind.

Twee mense, ''n man en ''n vrou, is in afgeleë omgewings dood waar dit nie digbevolk is nie. Die vrou is volgens berig aan ''n hartaanval dood en die man het in omgekom sy herehuis wat ''n geskiedkundige gebou is.

''n Tsoenami-waarskuwing is ná die eerste aarbewing uitgereik, "maar in Christchurch het daar nie veel van gekom nie," het Changuion gesê.

"Ons het lig daarvan afgekom. Die skok is erg en mense is ontsteld, maar ons is nie sonder krag nie en goed het nie afgetuimel nie."

Me. Mariana Wagner skryf in Christchurch is aardbewings of die gevolge daarvan deel van die daaglikse bestaan.

"Vir my wat die aardbewings van September 2010 en Februarie 2011 gemis maar kort daarna dié stad my huis gemaak het, beleef jy die "rock en roll" wat moeder natuur so dan en wan oor ons pad stuur met baie respek."

Wagner sê om wakker te word en te besef ''n aardbewing ruk die Suid-eiland is ''n skok. Sy sê as Namib-boorling was dit vir haar senutergend.

"Dis die honderde naskokke wat mens en natuur uitput. Ons almal het die Geonet-toepassing op ons fone wat onmiddelike inligting gee en vir ons is die diepte altyd die belangrikste," sê sy.

"Die episentrum word natuurlik die sterktste beïnvloed. Waiau, Kaikoura en Hanmer Springs is totaal van die buitewêreld afgesny, maar gelukkig bly ons in die land van helikopters en Richie McCaw was een van die eerste vrywilligervlieëniers wat sy dienste aangebied het."

Wagner sê die tsoenami-waarskuwing en feit dat dit in die middel van die nag was, het almal baie senuweeagtig gehad.

"Tog kan ek net met die hoogste lof getuig oor hoe die Kiwi''s die krisis hanteer. Die ''studente-weermag'', boer en Jan Alleman help buurman en toeris. Mense open hulle deure vir wie dit mag nodig kry en sosiale netwerke gons om hulp en selfs tuisgebak te gee."

Mnr. Awie van den Berg woon in Paraparaumu in die suidweste van die Noord-eiland sowat 55 km noord van die hoofstad, Wellington, en het ook laat weet hy en sy gesin is veilig.

"Die aardbewing was nie baie erg by ons nie, want ons is redelik ver weg van die episentrum."

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!