Namibiërs ruk op teen Shoprite
Die veldtog teen Shoprite Namibië se vermeende voortdurende uitbuiting van werkers tel spoed op met die eerste amptelike betoging oor die middaguur voor die kettingwinkel se deure in Windhoek se middestad vandag.
Vakbonde en nie-regeringsorganisasies het aangesluit by die betoging en gevra vir 'n verbruikersboikot van die supermark, ten spyte van die lae pryse wat hy aanbied.
Vroeër het arbeid se permanente sekretaris, mnr. Bro-Matthew Shinguadja, ook amptelik die regering se gewig agter die protesaksie gegooi. Hy sê die regering sal ook ophou om kruideniersware by die Suid Afrikaanse handelsreus aan te koop.
Betogers het Shoprite se bestuur drie dae gegee om op hul eise te antwoord. Die eise is dat die maatskappy die dissiplinêre aksie teen sy werkers wat in 2015 gestaak het, laat vaar. Verder vra hulle dat die hoërhofaansoek vir meer as N$4,5 miljoen wat Shoprite van die werkers eis vir skadevergoeding weens die stakings en die regsonkostes van die dissiplinêre proses, ook opgeskort word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie