Namibiërs sing by Wêreldkoorspele
Lloyd Zandberg - Drie van die kore wat tans aan die Wêreldkoorspele in Pretoria deelneem, is uit Namibië.
Die Wêreldkoorspele, wat die eweknie van die Olipiese Spele vir sport is, vind elke tweede jaar op 'n ander vasteland plaas en vanjaar val dié geleentheid Afrika te beurt.
Dit is die grootste koorkompetisie ter wêreld en is voorheen in onder meer Rusland, Letland en die Verenigde State aangebied.
Die drie Namibiese kore wat deelneem aan die kompetisie, wat reeds op 4 Julie afgeskop het en tot môre voortduur, is die CGals-vrouekoor, die Kollege van die Kunste (Cota) se jeugkoor en die St.George’s-kinderkoor.
Bank Windhoek en die Pupkewitz-stigting was die Cota-jeugkoor se twee hoofborge in hul voorbereiding op dié wêreldgeleentheid.
Me. Wilna Liebenberg, CGals se dirigent, sê dit is ‘n geweldige eer om een van drie Namibiese kore te wees wat op hierdie vlak meeding.
CGals bestaan uit ‘n vroue-ensemble van Swakopmund en Walvisbaai, met me. Vera Malherne as begeleidster.
“Die Wêreldkoorspele is baie goed georganiseer. Ons kompeteer teen van die beste kore ter wêreld. Ons bly saam met die Cantus-koor in die hotel. Hulle het die agtergrondsang vir die fliek Frozen gedoen,” het Liebenberg gesê.
Die kore neem aan verskeie kategorieë deel. CGals gaan onder meer nog aan Musica Contemporanea-kategorie deelneem, wat hedendaagse stukke behels, asook aan die vrouekamerkoor-kategorie.
“Ons is nie eintlik hier om te kompenteer of om die beste koor ter wêreld te wees nie. Ons wil net ons plek op die wêreldranglys verbeter. En hierdie is ons derde wêreldbyeenkoms.
“Ons geniet die ervaring. Vanjaar is ook die eerste keer wat ons in die kampioenskap-kategorie deelneem. Vorige jare het ons net in ope afdelings deelgeneem, vir kore wat nie so ervare is nie.”
CGals het by vorige Wêreldkoorspele in Riga, in Letland, twee silwer sertifikate ontvang en in Sochi, in Rusland, een goue en twee silwer sertifikate ingepalm.
Die slotseremonie word môre om 19:30 op kykNET uitgesaai.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie