Namibiërs toets die Vaalrivier
Kunsaashengel
'n Junior-, senior- en federasiespan van die Namibiese Kunsaashengelvereniging (NALAA) het onlangs by die Vaalrivier, Suid-Afrika, hul eweknieë van die Suid-Afrikaanse Kunsaashengelvereniging (SAALAA) by die Riverside Beach-klub in drie toetse aangedurf.
Elke span het uit vier lede bestaan wat op twee bote hul storie teen die ervare Suid-Afrikaners moes ken. Die kompetsie is ingelei met twee oefendae waarop die Namibiërs die rivier beter kon leer ken.
Hoewel sake vlot met die oefensessies verloop het, het Moeder Natuur besluit om binne drie dae donderstorms, swaer reën en wind, asook 'n leksel sonskyn tydens die toetse op te dis.
Dié drie toetse is suksesvol afgehandel en het die algehele wenners van die toernooi bepaal. Die Namibiërs moes hard om 'n oorwining veg. Die juniorspan raap goud op terwyl die senior- en federasiespanne onderskeidelik met 'n silwermedalje bederf word. Die Suid-Afrikaners was nie min met die besoekers se vermoëns beïndruk nie en het die Namibiërs vir hul besondere span- en veggees gelukgewens.
NALAA wil sy borge hartlik vir hul ondersteuning bedank, wat die hengelaars se deelname moontlik gemaak het.
“Baie dankie aan Puma, OJ Construction, Seapride Foods, Gondwana Collection Namibia, ESBboats.com, Caprivi Adventures en Team Dragon wat dit vir ons moontlik gemaak het om teen Suid-Afrika te kon kompeteer. Ons wil ook die Suid-Afrikaanse Kunsaashengelvereniging, ons fantastiese gasheer, vir die uitsonderlike huisvesting en goed gereëlde toetsreeks bedank. 'n Spesiale woord van dank aan ons vriende tuis wat boodskappe van bemoediging en motivering aan ons gestuur het,” het NALAA se verklaring gelui.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie