Namibiërs veg vir IS
Estelle de Bruyn - Namibiërs veg vir die Islamitiese Staat-terreurgroep (IS) in Sirië en Irak.
Die minister van veiligheid en sekuriteit, genl.maj. (afgetree) Charles Namoloh, het gister in die Nasionale Vergadering dié skokkende nuus onthul.
In sy motivering vir die bekragtiging van sekere internasionale konvensies, het Namoloh gesê terrorisme is ’n wêreldwye bedreiging en Afrika is geen uitsondering nie, met terreuraanvalle in Kenia, Somalië en Uganda en elders.
“Buitelandse terroristevegters, in die vorm van geradikaliseerde burgers van ander lande, het ’n groeiende globale bedreiging geword en mense van oor die hele wêreld, insluitende Afrika, sluit teen ’n kommerwekkende tempo by IS aan. Ja, daar is ook Namibiërs wat vir IS veg,” het Namoloh gesê.
IS het berugtheid verwerf vir die onthoofding van Christene en ’n uiters wreedaardige werkwyse wat die wêreld met afsku vervul.
Gebrekkige wetgewing
Wat Namibië betref, is die behoefte om terroriste-aktiwiteite te kriminaliseer reeds in 1999 geïdentifiseer aangesien die koloniale anti-terrorismewet herroep is en dit ’n gaping in die land se wetlike raamwerk gelaat het, het Namoloh in sy motivering gesê.
’n Gebrek aan toepaslike wetgewing om terrorisme en geldwassery te bekamp, het tot 2014 meegebring dat Namibië op die sogenaamde “gryslys” van die internasionale Finansiële Aksie-taakmag (FATF) was.
Dit het gevolg nadat FATF in 2010 ’n omvattende ondersoek gedoen het om vas te stel of Namibië aan al die internasionale bepalings voldoen.
Nadat die wyse waarop Namibië tekort geskied het in ’n geteikende ondersoek in 2011 aan die lig gekom het, het FATF nou saam met Namibië gewerk. Daar is bevind dat Namibië in gebreke is wat die nakoming van internasionale verpligtinge, standaarde en beste praktyke vir die bekamping van finansiering vir terrorisme en dade betref.
Die kabinet het toe ’n aksieplan goedgekeur waarin die tekortkominge geïdentifiseer is. Die plan is met welslae in werking gestel, wat meegebring het dat die FATF in Desember 2014 die groen lig gegee het en Namibië van die gryslys verwyder is.
Van die stappe wat Namibië gedoen het om aan die internasionale vereistes te voldoen, was om die Verenigde Nasies (VN) se internasionale konvensie op die onderdrukking van die finansiering van terrorisme op 26 April 2012 te bekragtig; wetgewing is in November 2012 geïmplementeer om terroriste-aktiwiteite en die finansiering daarvan te kriminaliseer en prosedures in te stel om terroriste se bates te vries en te konfiskeer.
Namibië moet nou verdere internasionale konvensies bekragtig ten einde volkome aan internasionele voorskrifte te voldoen. Die bekragting is tyd-sensitief omdat FATF eersdaags saam met Namibië weer die land se nakoming van internasionale konvensies hersien.
Volgens Namoloh is die meeste van die vereistes van die VN se internasionale konvensie vir die onderdrukking van die finansiering van terrorisme reeds in plaaslike wetgewing vervat.
Sekere internasionale konvensies is egter sedertdien gewysig en moet nou ook deur Namibië bekragtig word en hiervoor het Namoloh die NV se ondersteuning gevra.
Die Namibiese wet op die bekamping van terrorisme en die bevorderingsaktiwiteite daarvan, voldoen nie volkome aan die onderskeie gewysigde internasionale konvensies nie.
Uitlewering
Namoloh sê die Namibiese wet op uitlewering is beperk tot die lande met wie Namibië uitleweringsooreenkomste het.
Die wet maak voorsiening dat ’n persoon net uitgeruil kan word indien die vermeende misdaad wat ’n persoon begaan het, ook ’n misdaad in Namibië is.
Aangesien al die oortredings waarna in die konvensies verwys word ook strafbare oortredings in Namibië is, is dit gevolglik uitlewerbare oortredings.
Die konvensies wat die NV moet bekragtig, is die internasionale konvensie op die onderdrukking van dade van kern-terrorisme van 2005; die internasionale konvensie op die onderdrukking van bombardering deur terroriste (1983), die internasionale konvensie teen die neem van gyselaars (1983) en die konvensie op die voorkoming en straf van misdade teen internasionaal beskermde persone insluitende diplomatieke agente (1973).
Namoloh sê enkele wysigings aan bestaande wetgewing is nodig of enkele nuwe wette sal geskryf moet word, om te verseker dat Namibië ten volle voldoen aan internasionale verpligtinge om terroriste-aktiwiteite en die finansiering daarvan te bekamp.
Me. Elma Dienda van die DTA wou die debat oor die verdrae uitstel tot September sodat daar voldoende tyd is om dit te bestudeer. Namoloh het egter daarop gewys dat Namibië aan internasionale spertye moes voldoen. Dienda het hierop dit op rekord geplaas dat die DTA nie aan die debat sou deelneem nie en nie deel van die bekragting sou wees nie.
Mnr. Ignatius Shixwameni van die All People’s Party het die debat tot Dinsdag uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie