Namibiërs verdeelde nasie, sê Walters
Eers wanneer Namibiërs hul denke vernuwe, kan hulle werklik sê 'een nasie, een Namibië'.
Henriette Lamprecht
Dit is 'n berugte feit Namibiërs 'n verdeelde nasie is.
Daarmee saam is doeltreffende middele nie-beskikbaar of sonder hulp vir slagoffers van rassisme, rassediskriminasie en diskriminasie in die algemeen.
Die Namibiese ombudsman, adv. John Walters, het gemaan die land se teendiskriminasiewet misluk ook klaaglik om maatskaplike verandering te weeg te bring, omdat dit juis dié ontmagtig wat rassediskriminasie ervaar.
Walters se opmerkings volg op 'n nasionale ondersoek na rassisme, rassediskriminasie, diskriminasie in die algemeen en stamgebondenheid, met 'n tribunaal wat as moontlike oplossing kan dien.
“'n Voorstel is die skep van 'n informele en goedkoop tribunaal waar slagoffers hul stories kan vertel, sodat sistematiese ongelykhede, rassisme en rassediskriminasie uitgewis kan word,” het Walters gesê.
Volgens hom is daar 'n dringende behoefte om deur middel van radikale verandering rassistiese taal af te leer en vaste identiteite te verander.
“Ons moet 'n kreatiewe taal betrek om rassistiese taal te bekamp.”
Hy het voorts die hoop uitgespreek die verslag sal aan Namibiërs die moed gee om die reis te begin om hul rassistiese idees te ondersoek en af te skud.
“Eers wanneer ons ons denke vernuwe, kan ons werklik sê 'een nasie, een Namibië', maar die stam moet sterf sodat die nasie kan leef.”
Die verslag, A nation divided: Why do racism and other vorms of discrimination still persist after 27 years of Namibian Independence?, maan die ongelykheidsgaping is nie langer meer net oor ras en stam nie, maar klas, en hoe dié in beheer stam gebruik om sekere posisies van mag en rykdom te bekom.
Van die insette wat tydens die landswye besprekings na vore gekom het, sluit in 'n persoon 'moet die regte bande hê om 'n werk te kry' en uitdrukkings soos 'net by die Damaras sal jy lesbiërs en gays kry'.
Dit verwys voorts na ongelyke verspreiding van hulpbronne tussen skole in landelike en stedelike gebiede, tot 80% van viskwotas wat aan 'mense van die Noorde toegeken word, terwyl die Nama's niks kry nie' en nie-Swapolede wat nie toegelaat word om lede van 'n dorpsraad of ontwikkelingskomitees te wees nie. Leierskap en bestuur by informele nedersettings word ook volgens stam gedoen, terwyl mense met gestremdhede nie as raadslede verkies word nie.
Met verwysing na die kommersiële grondhervormingswet mag landbougrond nie van pa na seun oorgedra word nie, mag potensiële jong wit boere nie landbougrond bekom nie en word die erf van landbougrond na beslote korporasies of maatskappye verbied.
Die verslag verwys voorts na die Nuwe Raamwerk vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging (NEEEF) waarin slegs een groep van die bevolking verplig is om 25% van hul sakebelange na 'n voorheen benadeelde groep oor te dra.
Ook mag net een verkose groep van die bevolking nie voordeel uit NEEEF trek nie, met die doel van die NEEEF-voorstelle wat slegs 'n klein verkose groep op die kantlyn plaas, ten spyte van hul bydrae tot die plaaslike ekonomie.
Voorts ontmoedig die wet op gelyke indiensneming die aanstelling van kandidate uit verkose groepe van die bevolking tot enige regerings- of semi-staatsinstellingspos, ten spyte van hul kwalifikasies en die bydrae wat hulle tot die plaaslike ekonomie kan lewer.
Die Caprivi Concerned Group het in hul insette tot die ondersoek verwys na nie net diskriminasie teen hulle nie, maar ook die optrede van die regering wat hul menseregte inperk. Dit sluit die gebruik van openbare ruimtes vir vergaderings en ook diskriminasie deur die Zambezi-administrasie in.
Die verslag sê voorts persone wat die landswye verhore bygewoon het, was nie almal in ooreenstemming oor waar die sterk etniese standpunte en houdings hul oorsprong het nie.
“Die ekonomiese situasie en die mededinging vir Namibië se beperkte hulpbronne, ingesluit die toegang tot grond, het ou vetes en etniese vooroordeel 'n tweede lewe gegee.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie