Namibiërs verken Suid-Afrika en Zimbabwe
Vroeg in Desember het ’n groep Namibiërs Durban besoek, waar ’n uitstappie na uShaka Marine World die hoogtepunt was.
Daarna het hulle drie dae op die luukse passasiersboot, die ms MSC Sinfonia deurgebring. Die boot het uit Durban vertrek en na die Portugese Eiland naby Mosambiek gevaar. Volgens die toerorganiseerder, mnr. Reon van Wyk, was dit vir baie van die toergeselskap ’n belewenis om tussen soveel mense te wees en aan al die aktiwiteite aan boord deel te neem. Op pad terug Windhoek toe het hulle ’n draai by Sun City naby Rustenburg in Suid-Afrika gemaak. Van die mense het selfs in die Valley of the Waves voete gaan natmaak.
Later in Desember het ’n ander toergroep na die Victoria-waterval in Zimbabwe vertrek. Op pad soontoe het hulle by Rundu en Katima Mulilo aangedoen, waar hulle op ’n wildsbesigtigingstoer geneem is. Vir baie was dit hul eerste besoek aan die noordelike deel van Namibië. Die bootvaart op die Zambezirivier met sonsondergang was ‘n heerlike ervaring, terwyl die besoek aan die magtige Victoria-waterval iets besonders was.
Wat hierdie toere so spesiaal maak, is dat jy nuwe wêrelde ontdek, nuwe vriende ontmoet en heerlik kan ontspan, weg van die daaglikse gewoel en gewerskaf wat soveel spanning en stres veroorsaak. Alle reis- en verblyfkoste is by die toerprys ingesluit. Nadat jy ‘n deposito betaal het, kan jy selfs afbetalings reël. Alle toere vertrek uit Windhoek.
Die volgende toere word vir 2016 beplan:
·29 April tot 10 Mei: ? Toer vir volwassenes na Suid-Afrika. Oudtshoorn, George, Knysna, Plettenbergbaai, Kaapstad en dorpe langs die weskus van Suid-Afrika, soos Saldanha, Langebaan en Paternoster, word besoek.
·12 tot 21 Desember: ? Bootreis van Durban na die Portugese Eiland naby Mosambiek. Die bus vertrek uit Windhoek en toerlede reis via Botswana en Johannesburg na Durban.
·27 tot 31 Desember: ? Toer na die Victoria-waterval. Reis deur die noorde van Namibië en Botswana na die Victoria-waterval.
Vir meer inligting skakel mnr. Reon van Wyk by 063 223 977 of 081 274 0499.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie