Namibiërs vier tien jaar se toere
Reon’s Toere, wat in Keetmanshoop gevestig is, vier vanjaar sy tiende bestaansjaar en daarvoor is ’n uitgebreide toer deur Suid-Afrika beplan.
Gedurende die April/Mei-skoolvakansie het ’n groep volwassenes op ’n 12 dag-bustoer vertrek, met mense van die Ooste, Weste, Noorde en Suide (so ver as Karasburg) op die bus.
Plekke soos Graaff-Reinet, Port Elizabeth, Knysna, Wildernis, George, Mosselbaai, Kaapstad asook Langebaan (Club Mykonos) en Paternoster langs die Weskus is besoek.
Die besoek aan die Vallei van Verlorenheid by Graaff-Reinet, die Volkswagen-fabriek op Uitenhage, die Knysna Waterfront waar middagete op die strandmeer bedien is, die reis met die treintjie in George waar lekker piekniek gehou is, was van die hoogtepunte.
Drie van die Namibiërs, wat almal bo 50 is, het selfs ‘n reksprong by Bloukrans gedoen.
Volgens almal het hulle die avontuur vreeslik geniet, veral diegene wat reeds die afgelope paar jaar gereeld saam toer. Een van die vroue het al agt keer saam gereis. Van die mense wat op die toer was, het reeds aangedui hulle wil volgende jaar saam Durban of Thailand toe gaan.
Toere wat vir die res van die jaar beplan word, is soos volg:
• 24 Augustus – 3 September (Augustus-skoolvakansie): Opvoedkundige toer vir graad 6- tot 9-leerlinge. Die bus vertrek van Swakopmund. Individuele leerlinge/skole asook ouers en onderwysers kan op die toer gaan.
• 5 – 8 Oktober: Springbokke vs All Blacks-toer na Kaapstad.
• 12 – 20 Desember: Bootreis met die MSC Sinfonia van Durban na die Portugese Eilande (naby Mosambiek). Bus vertrek via Gobabis deur Botswana na Durban. Sun City en Ushaka Marine World word ook besoek.
• 15 – 22 Desember: Toer vir jong volwassenes (21- tot 35-jariges) na Kaapstad.
• 27 – 31 Desember: Toer na die Victoria-waterval (Zimbabwe). Bus vertrek van Windhoek.
Kontak Reon van Wyk by 081 274 0499 (ná 13:00) of Lorenzo by 081 636 9496 (ná 16:00).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie