Namibiërs wys vernuf by die Vaaldam
Hengel
Die Namibiese Varswater Oewerhengelvereniging (NFBAA) het die jaar 2018 sommer goed afgeskop met goue en silwermedaljes vir sy nasionale spanne by die Streek 5 hengeltoernooi.
Die toernooi is by Biermans Oewer op die Vaaldam in Suid-Afrika aangebied. Die toernooi het bestaan uit een oefendag en twee dae van kompetisie.
Byna 930 hengelaars het die toernooi bygewoon wat verskeie sterk provinsiale spanne ingesluit het.
Op die eerste kompetisiedag het die senior mans die derde plek verdien en die vroue was vierde.
Die tweede kompetisiedag het egter die verskil gemaak met 'n welverdiende toerafsluiting waar die senior mans die tweede plek verwerf het en die vroue 'n eerste plek.
Die vroue het die toer met die goue medaljes afgesluit en die senior mans het die silwermedaljes huis toe gebring.
Namibië is deur die volgende hengelaars verteenwoordig:
Senior mans: Leon Diedericks, Wentzel Barnard, Ronnie Meyer, Johan Aggenbach (bestuurder).
Vrouespan: Carol Stinton, Lilani Meyer, Petro van Zyl, Paul Steyn (bestuurder).
• Die plaaslike hengelkalender skop komende naweek af waar byna 100 hengelaars Vrydag op die eerste dag van Namibiese varswaterhengel teen mekaar gaan meeding.
Saterdag is dit tyd vir proewe wat sal bepaal wie gaan Namibië se naam hoog hou later vanjaar by die Streek 5 hengeltoernooie wat in Augustus en September by die Hardapdam plaasvind.
Die NFBAA nooi hiermee alle belangstellendes, jonk en oud, om aan te sluit by enige van die hengelklubs om deel van een groot hengelfamilie te word.
Die NFBAA se ontwikkelingsbeampte, Morne Prenn, kan by 081 278 5448 gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie