NamibRe wys glo miljarde weg
Versekeringsmaatskappye se regsverteenwoordigers sê onder meer die minister se bewering is foutief dat N$1 miljard se herversekering die land jaarliks uitvloei.
Elvira Hattingh - “Elke enkele sent wat hierdie land vir herversekering verlaat, is NamibRe asook die minister van finansies se skuld.”
Advokaat Raymond Heathcote het gister tydens die tweede verhoordag van die ministerie van finansies en NamibRe se dringende aansoek aan regter Thomas Masuku gesê dit is die kruks van die saak.
Dit volg nadat versekeringsmaatskappye waaronder Hollard, Sanlam, Santam, Trustco, OutSurance, OF Namibia, Old Mutual en Namibia Limited en hul uitvoerende hoofde voor die hof gedaag is om herversekering by NamibRe uit te neem tot tyd en wyl uitspraak in die hooggeregshof gelewer kan word oor die grondwetlikheid van die Namibië nasionale herversekeringskorporasiewet.
Die minister sê dit is ‘n poging om te keer dat meer as ‘n miljard jaarliks die land uitvloei.
“Wetgewing verleen aan NamibRe ‘n voorkoopreg. Daarvolgens moet organisasies, voordat hulle herversekering by enige ander maatskappy kan uitneem, eers by NamibRe aanklop,” het Heathcote gesê wat vir verskeie van die versekeringsmaatskappye optree. Advokate Reinhard Tötemeyer en Matthew Chaskalson verteenwoordig ook sommige van die respondente.
“Dit is slegs wanneer NamibRe dit van die hand wys, dat jy dit elders kan uitneem.
“Miljoene se herversekering is oor die afgelope 20 jaar aan NamibRe gebied, waarvoor hulle nee gesê het. Wat kan ons doen as hulle nee sê? Hoe kan hulle kla oor miljoene wat hulle nie wil hê nie?” het Heathcote gesê.
“Die minister moet ook eerlik wees oor tot watter mate NamibRe bydra tot hierdie uitvloei van kapitaal. Hoeveel aansoeke vir herversekering word deur NamibRe geweier? Terselfdertyd kan maatskappye nie enige herversekering by buitelandse maatskappy uitneem voordat Namfisa toestemming verleen het nie.
“Namfisa sal slegs toestemming gee indien dit tevrede is dat NamibRe nie van sy voorkoopreg gebruik wil maak nie,” het Heathcote gesê.
GEFORSEERDE BESIGHEID
Hy het verder gesê die hof kan nie maatskappye daartoe verbind om geld te betaal nie.
“Niemand kan ‘n maatskappy verplig om besigheid met ‘n sekere instansie te doen nie,” het Heathcote gesê. Hy het voorts gesê die versekeringsmaatskappye se grondwetlike uitdaging in die hooggeregshof sal hierop gebaseer wees.
“Jy kan mense verplig om belasting te betaal, maar waar eindig dit as ons mense begin verplig om besigheid te doen en te beweer dit is vir ‘n goeie doel?
“Gaan die regering voorts verklaar dit is gesond om broccoli te eet, dan staatswinkels oopmaak en almal verplig om daagliks broccoli te koop, net omdat dit gesond is?
“Besighede het die reg om te kies met wie hulle assosieer. Ons wil nie broccoli eet nie.”
Hy het bygevoeg NamibRe beskik nie oor die balansstaat om die vereiste herversekering aan plaaslike maatskappye te bied nie en sal ‘n gedeelte daarvan uiteindelik ook in Suid-Afrika moet uitneem, wat beteken geld vloei weer eens uit die land.
SWAARD VAN VREES
Heathcote het gesê die dreigement dat maatskappy-leiers wat die wet verontagsaam ‘n strafregtelike oortreding begaan en in hegtenis geneem kan word, is die regering se manier om die swaard van vrees te gebruik.
Hy het gesê OutSurance, wat intussen aan die hoërhofsaak onttrek en gehoor aan die wet te gee totdat ‘n konstitusionêle uitspraak gelewer kan word, het onder eed verklaar die besluit is geneem omdat hulle “bang” is.
Heathcote het gesê daar bestaan nie in Namibië wetgewing wat voorsiening maak vir ‘n tussentydse verklaring in tussentydse aansoeke nie omdat so ‘n beslissing in wese finaal is.
Hy het verder gesê dit was onvanpas van die minister om hof toe te hardloop om wetgewing geldig te verklaar omdat die wet voorsiening maak vir prosedures wat eerste gevolg moet word.
ONAKKURATE PRENTJIE
Heathcote het verder gesê die minister se verwysing na N$1 miljard wat die land per jaar in die vorm van herversekering verlaat, is nie akkuraat nie omdat dit die totale industrie insluit.
Volgens hom word ook die geld ingereken wat betaal word deur maatskappye wat aan die wet voldoen.
Heathcote sê dit lei tot ‘n onakkurate prentjie. Hy voeg ook by dat enige herversekering wat by Lloyd's of London uitgeneem word, nie by hierdie som ingesluit kan word nie omdat dit ‘n statutêre herversekeraar is wat deur die relevante herversekeringswetgewing erken word.
“Die parlement erken Lloyd's of London deur wetgewing as ‘n statutêre herversekeraar, dus kan dit nie as ‘n wetsoortreding beskou word as maatskappye hier herversekering uitneem nie.”
Die minister kan dus nie ‘voorgee’ en die skuld vir enige geld wat aan Lloyd's of London oorbetaal word, voor die deur van plaaslike versekeringsmaatskappye lê nie.
Verder het hy gesê die minister wou nie ‘n vergadering met die respondente hou voordat hulle nie hul klagte laat vaar of aan die vereistes voldoen nie.
“Ons kla dan juis oor ons nie hieraan wil voldoen nie.”
Hy het gesê dat hulle wel deur middel van beëdigde verklarings van die versekeringsmaatskappye se uitvoerende hoofde aan die minister se konsultasieproses deelgeneem het voordat die wet van krag geraak het. Heathcote het gesê die minister het nie alle bydraes op die webwerf publiseer het nie, maar slegs enkeles.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie