Namises nog nie amptelik ingehuldig

Volgens die Damara-konings­raad moet die raad 'n ver­kiesingsverslag eers bestudeer voor goedkeuring aan die proses verleen kan word.
Maria Eiseb
Maria Eiseb



Me. Rosa Namises, wat onlangs by die Daan Viljoen-wildtuin tot leier van die |Khomanin-groep verkies is, is nog nie amptelik ingehuldig nie.

Volgens mnr. Abner Xoagub, ­sekretaris-generaal en woordvoerder van die Damara-koningsraad, was die raad na die ­verkiesing genooi, maar nie om aan die ­verkiesing deel te neem nie.

“Ons was net daar om die proses waar te neem,” het Xoagub gesê.

Volgens hom moet 'n formele uitnodiging aan die raad uitgereik word wat 'n verslag oor die verkiesing insluit, wat uiteensit wie ­genomineer is en hoe die proses gaan verloop. Die raad moet die verslag dan ­bestudeer, en indien hulle daarmee tevrede is, sal hulle die proses ­goedkeur, het hy gesê.

Namises het gesê sy het die leier­skapsposisie aanvaar omdat sy die eerste leier sal wees wat deur die |Khomanin-groep self verkies is.

In die verlede het die groep nie die geleentheid gehad om hul eie leier te kies nie, het sy gesê.



INHEEMSE REG

“Hulle moet die verantwoordelikheid hê en om self te besluit wie hulle wil hê,” het sy gesê.

Volgens inheemse reg wat in 1999 opgestel is, moet 'n opvolger binne 21 dae verwkies word ná die vorige leier die posisie vakant gelaat het.

'n Bloedlynaanstelling is hier­volgens nie aanvaarbaar nie, het sy bygevoeg.

Mnr. Hannes Jacobs, lid van die |Khomanin-groep, het gesê Namises se aanstelling is die eerste keer dat hulle hul leier self kies.

Jacobs het gesê Namises is volgens die |Khomanin-groep se ­inheemse reg verkies en hulle is bewus daarvan dat bloedlynaanstellings nie gedoen mag word nie.

“Namises weet wat die volk van haar verwag en sy verstaan wat haar mandaat as opperhoof is. 'n Leier kan nie die volk in verwarring lei nie,” het hy gesê.

“Dit is nie 'n politieke saak nie, maar 'n tradisionele saak,” het hy gesê.

“Ons is vol lof vir haar en hoop die nuwe leier sal ons van armoede en die grondkwessie red,” het Jacobs gesê.

Me. Claudia Thanises, |Khomanin-­lid, het bevestig die aanstelling was nie 'n familie- of bloedlyn­aanstelling nie, maar “die volk het hierdie keer self hul leier gekies”.

Namises sê sy is gereed vir die taak wat voorlê en verstaan wat die groep van haar verwag.

“Ek wil die vroue ook oplei om vir hul regte te veg,” het sy gesê.

Sy het gevra kritici moet die |Khomanin-groep die geleentheid gee om deur 'n selfverkose leier gelei te word. Volgens Xoagub sal die nuwe leier amptelik ingehuldig word sodra bevind is dié leier voldoen aan die raad se vereistes.

Kommentaar

Republikein 2024-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis SerieA: Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.09 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A