Nampak kan nie sy geld uit Nigerië, Angola kry
Nellie Brand-Jonker - Die gesukkel om sy kontant uit Nigerië en Angola te kry, het Nampak laat besluit om nie ’n tussentydse dividend te verklaar nie.
Dié twee lande ervaar ’n toenemende dollardroogte wat ontstaan het nadat die olieprys geval het.
Die maatskappy se aandeelprys het vandeesweek met 17% gedaal. Nadat hy Woensdag aangekondig het hy gaan nie ’n dividend verklaar nie, het sy aandeelprys met 13% geval.
Einde Maart het Nampak R1,5 miljard se kontant in dié lande gehad wat hy nie kon uitneem nie. Dit is meer as dubbel wat dit ses maande gelede was.
“In die lig van hierdie risiko’s het Nampak besluit om nie ’n tussentydse dividend te betaal nie, maar eerder pogings aan te wend om sy kontant te bewaar,” is in die aankondiging Woensdag gesê by die uitreiking van sy halfjaarresultate tot einde Maart.
Nampak het ook aangekondig hy gaan van sy eiendom verkoop om R1,7 miljard in te samel. Hy het ook streng kostebeheermaatreëls ingestel.
De Ruyter sê die maatstawwe wat aangekondig is, sal sy balansstaat wesenlik verbeter sodat dit beter bestand is teen die onsekere ekonomiese tye.
Sy wins uit voortgesette bedrywighede het in die halfjaar met 21% tot R606 miljoen gedaal, selfs al het sy inkomste met 10% tot R9,4 miljard gestyg.
Sy aandeelprys was in Februarie verlede jaar op sy hoogste vlak tot nog toe van R41,61.
André de Ruyter, uitvoerende hoof, het aan Bloomberg gesê opsies word ondersoek om die geld uit te kry. Dit sluit in valuta-ruilinstrumente.
Die lande het valutabeheer ingestel om hul geldeenhede te probeer beskerm sedert die olieprys skerp gedaal het en hul inkomste in dollar gedaal het. Ander lande wat in dieselfde bootjie is, se geldeenhede het reeds baie verswak teenoor die dollar.
Talle Suid-Afrikaanse maatskappye wat in Nigerië bedrywig is, kla al sedert verlede jaar dat hulle sukkel om daar sake te doen weens die dollardroogte. Sekere produkte waarvoor in dollar betaal moet word, kan nie ingevoer word nie.
Nigerië het in Maart 2015 begin om die waarde van die naira te beskerm, onder meer deur dit teen die dollar vas te pen en deur invoer- en valutabeperkings in te stel.
Godwin Emefiele, president van die land se sentrale bank, het op 24 Mei gesê die land sal stappe doen om sy buitelandse-valutaregime meer buigsaam te maak. Besonderhede daaroor sou binne dae aangekondig word, maar dit is meer as ’n week later nog nie gedoen nie.
Die kapitaalbeheer het beleggers op die vlug laat slaan en het die informele dollarwisselkoers tot 350 naira laat val.
Vooruitkontrakte dui daarop dat die amptelike koers in die komende drie maande 284 naira teen die dollar kan wees. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie