Nampol benodig dringend 'nuwe bloed'
Tuyeimo Haidula op Oshakati – Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie (Nampol), lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het gesê die mag moet dringend nuwe mense aanstel en die toenemende tekort aan man- en vrouemag, wat dienslewering belemmer, takel.
Ndeitunga het dié opmerkings onlangs gemaak tydens Nampol se bestaansjaarvieringe wat by Tsandi in die Omusatistreek gehou is.
Hy het die sentimente van Oshana se streekbevelvoerder, komm. Rauha Amwele, beaam, wat verlede week kommer uitgespreek het oor die gebrek aan mannekrag in die streek. Dit omdat die meeste lede aftree, sommige bedank, sommige ontslaan word en sommige aan die dood afgestaan word, sonder dat iemand daarna in hul plek aangestel word.
Ndeitunga het gesê toe die mag in 1990 tot stand gekom het, was daar net 800 mans en vroue in diens. Dié getal het in ‘n stadium tot 18 000 gegroei, maar het aanhou verminder weens die hoë arbeidsomset.
“Die mag het ‘n punt bereik waar 14 800 mans en vroue in diens is – ‘n prestasie wat toegeskryf word aan die regering se pogings om hulpbronne beskikbaar te stel om meer personeel te werf,” het hy gesê.
Die polisiehoof het egter gesê hy is bekommerd omdat die meerderheid oor minder as drie jaar aftree en bygevoeg daar is dringende behoefte om nuwe bloed in te kry om die tekort te takel.
Nie Ndeitunga of Amwele kon die syfers verskaf oor hoeveel rekrute die mag sal werf nie – wat glo as ‘n positiewe verwikkeling gesien kan word midde Namibië se voortgesette stryd teen die hoë werkloosheidsyfer.
By dieselfde geleentheid het die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, dr. Albert Kawana, gesê die belangrike taak om lewens en eiendomme te beskerm, en terselfdertyd die veiligheid en sekuriteit van die land te verseker, is aan die polisie toevertrou.
Kawana het van die geleentheid gebruik gemaak om polisiebeamptes te herinner dat hulle, net soos diegene wat staatsampte beklee, ten alle tye dienaars van die mense moet bly.
“Hulle moet die gemeenskap na die beste van hul vermoë dien en die respek van hul gemeenskap afdwing,” het hy gesê.
Die minister het ook ‘n beroep op die polisie gedoen om hulle vir fundamentele menseregte en vryheid te beywer. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie