Nampol-mans bly voorloper
Nampol-mans bly voorloper

Nampol-mans bly voorloper

Vlugbal
Die Namibië Vlugbalvereniging en Bank Windhoek se landwye liga (NVV) is in volle swang met wedstryde wat die afgelope tyd in Windhoek, die verre noorde en Kavango gespeel is.

In die Kavangostreek het Rundu Vlugbalklub, die verdedigende kampioen, in die eerste kragmeting van die dag met ’n omgekrapte span van Toxic Boys te doen gekry wie se afslane puik was.

In die eerste stel het die Boys vir Rundu totaal en al oordonder en net die ervaring van Rundu het hulle in staat gestel om die geleentheid met 3-1 te wen.

In die hoofstad het Unam Vrydag vir Khomas Nampol met 3-1 geklop, terwyl SKW met 3-0 teen NUST verloor het. Die vroue van Khomas Nampol het vir DTS geklop en op sy beurt oorskadu Rundu vir NUST met 3-0.

Die Saterdag het die manne van Khomas Nampol die Weermag-klub (NDF) met 3-2 getroef om sy eerste posisie in die sentraal-streek te behou.

Unam wen sy twee botsings teen 21ste Brigade en NUST om ses ligapunte op te raap, terwyl NUST drie punte teen Nakagreen verdien.

In die verre noorde se afdeling is die liga besig om tot ’n einde te kom nadat dit vanjaar ’n oplewing getoon het. Op 14 Julie het heelwat entoesiastiese toeskouers op die Ondangwa-tennisbane toegesak waar die aksie plaasgevind het.

Die mansligakampioen, Six Stars, het hul eerste nederlaag van die seisoen gesmaak toe Medipark hulle met 3-0 gebêre het.

In sy tweede kragmeting herwin Stars sy peil en verniel Oshikoto Nampol met 3-0 om die voorlopers van die liga in die noorde te word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!