Namport betwis Ritter se bewerings
Die semistaatsonderneming sê ’n evaluering van hul prestasie getuig van duister motiewe.
Catherine Sasman - Namport verwerp 'n onlangse verslag deur mnr. Rainer Ritter, ’n onafhanklike navorser, waarin beweer word die semistaatsonderneming is nie in staat om 'n lening van N$3,4 miljard terug te betaal nie.
Dit glo weens ’n afname in sake by beide die Walvisbaai- en Lüderitzhawe.
Ritter het ’n belegging van meer as N$20 miljard in infrastruktuur bevraagteken, wat veronderstel is om Namibië in 'n logistieke kern vir suidelike Afrika te omskep.
Namport sê Ritter het “lasterlik” beweer daar bestaan ’n algemene gebrek aan doeltreffende bestuur deur “blatant verkeerde en waningeligte” stellings te maak.
TARIEWE
Namport sê hy het ‘n mededingende tariefbeleid, wat glo onlangs in ‘n studie deur Maritime and Transport Business Solutions, ‘n internasionale onderneming van hawekonsultante, bevestig is.
Dié studie is deur die Wêreldbank befonds.
Die verslag is gebaseer op ‘n opname wat in 2018 gedoen is, wat wys Namport se tariewe lyk duur, maar is in der waarheid laer as tariewe wat ander hawens in die algemeen hef.
Namport en die Walvisbaai-korridorgroep (WBCG) vergelyk hul pryse gereeld met dié van ander hawens in die streek as ‘n maatstaf om mededingende pryse te verseker.
Twee studies word beplan om vergelykings met Durban (in Suid-Afrika), Beira (in Mosambiek) en Dar es Salaam (in Tanzanië) te tref.
Dié studies sal hawens se werklike koste en heffings van hawe tot finale bestemming vir hoofsaaklik Zambië en die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) bereken.
Die eindproduk sal ’n bygewerkte vergelyking van Namibië in terme van logistiek en ander kostes in die ketting wees.
Namport sê Ritter beweer hul jaarlikse tariefoorsigte oorskry die jaarlikse verbruikersprysindeks, maar hul tariefaanpassings was oor jare heen oorwegend laer of gelykstaande aan die indeks.
Dít is met die uitsondering van die 2013-’14-boekjaar, toe koste vir materiële beleggings verhaal moes word.
Namport sê sedert 1994 het hy “enorme beleggings” in die besigheid gemaak en lenings was tot onlangs toe beperk, toe N$2,9 miljard van die Afrika-ontwikkelingsbank (AfDB) vir hul vraghouerterminaalprojek geleen is.
Die semistaatsonderneming het ook gesê weens Namibië se grootte, in vergelyking met lande soos Suid-Afrika, moet relatief hoër tariewe gevra word, vanweë die laer volumebasis waarteen vaste oorhoofse koste verhaal moet word.
Volgens Namport evalueer invoerders en uitvoerders die koste verbonde aan logistiek in terme van die volledige ketting – van die verskaffer tot voor hul deure.
Dit sluit seevrag, hawekoste, vervoer, bergingskoste en grenskoste in.
Namibië is aan Afrika se weskus geleë, wat ver weg van belangrike markte in Asië is.
Volgens die onderneming veroorsaak dit dat dit duurder vir Namibiërs is om goedere na en van Asië te verskeep as vir invoerders en uitvoerders in Suid-Afrika en lande in Oos-Afrika.
Boonop het Namibië ‘n algemene tekort aan vragte wat hier aanland en vervoer kan word – anders as ander lande.
Skeepsbesoeke
Namport sê die bewering dat minder skepe by hulle aandoen weens swaar haweheffings is verkeed.
Volgens hom het die skeepsvaartbedryf onlangs wêreldwyd groot uitdagings ervaar wat lewensvatbaarheid betref.
Dié uitdagings is veroorsaak deur hoë operasionele koste, toenemende mededinging en dalende verskepingstariewe, wat weer daartoe gelei het dat skeepsrederye van groter skepe gebruik begin maak het – veral op die hoofroetes van Asië na Europa en Asië na Afrika.
Namport sê die feit dat minder skepe by sy hawens aandoen, word nie deur heffings veroorsaak nie, maar is deel van ‘n wêreldwye neiging waar skeepsrederye hul eie operasionele koste probeer bestuur.
Vrag
Namport verwerp Ritter se bewering dat vragvolumes by hul hawens taan weens hoë pryse en tariewe.
Die onderneming sê ‘n toename of afname in vragvolumes deur hawens word nie noodwendig deur pryse veroorsaak nie, maar is ‘n direkte gevolg van ekonomiese aktiwiteite binne gebiede wat ‘n gegewe hawe se vrag ontvang – des te meer omdat 90% van die wêreld se handelaktiwiteite per see plaasvind.
Volgens hom het vragvolumes in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) in die afgelope 15 jaar aansienlik gegroei – hoofsaaklik danksy Walvisbaai se hawe – tot meer as 600 000 ton vrag per jaar.
Dit kom op ’n direkte bydrae van meer as N$600 miljoen aan Namibië se vervoer- en logistieke sektor neer.
Namport was destyds die voorkeurhawe vir invoere na suidelike Angola, maar ná ‘n daling in oliepryse en die likwiditeitskrisis in Angola het dit afgeneem.
Namport erken dit het ’n direkte verlies van sake vir hulle veroorsaak.
Die Walvisbaai-hawe hanteer ook reagense en ander chemiese invoere vir myne in Zambië, asook die uitvoer van erts uit die koperbelt deur die Walvisbaai-Ndola-Lubumbashi-korridor.
Terwyl 'n afname in koperpryse voorgekom het, was daar onlangs eksponensiële groei en ‘n gevolglike toename in die invoere en uitvoere daarvan.
Weens ’n ernstige verswakking in uraanpryse kan Namport in die huidige boekjaar ’n verlies van tot N$25 miljoen ly.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie