Namport, polisie soek nou op see na kleuter
Augetto Craig – Die kleuter wat kort voor Nuwejaar op Lüderitz verdwyn het, word steeds vermis en die soektog het nou na die branders en kuslyn van die koue Atlantiese Osean uitgekring.
Nampol se koördineerder van misdaadondersoeke in die ||Kharasstreek, hoofinsp. Theodore Kotungondo, sê die polisiehonde wat Maandag ingespan is om die driejarige Mandela Nakale se spoor te sny, het gister voor middagete na Windhoek teruggekeer.
Verlede week is 'n polisiehelikopter ook vrugteloos bo die stofpaaie van Lüderitz se Area 7 en NHE-nedersettings ingespan.
Die vlak van ondersteuning deur die kusdorp se gemeenskap aan die polisie en die soektog is oorweldigend en Kotungondo sê sakelui en die publiek is gretig om hulp te bied waar hulle kan. Dit was Namport wat met sy bote en kennis van die rowwe waters aangebied het om die polisie toegang tot die see te gee.
“Nou is hulle op die see om te soek na enige teken van die seun of na sy klere wat dalk op die strand uitgespoel het. Hulle patrolleer en kyk of hulle iets op see vind wat leidrade kan bied.
“Dit is die rigting waarin ons nou beweeg, maar ons kyk ook na enige ander hulpbronne wat in die soektog aangewend kan word,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie