Nampost-werkers ontevrede

Poskantoorwerkers teken protes aan teen onveilige werksomstandighede, diskriminasie en onregverdigheid.
Augetto Graig
Augetto Graig – Werknemers van Nampost het gister ’n optog deur die middestad tot by die hoofkantoor van die staatsonderneming gehou uit protes teen onregverdige werksomstandighede, en as deel van hul eis van ’n salarisverhoging van 5,1%.

Laas maand is die geskil reeds na die arbeidskommissaris verwys, nadat onderhandelinge tussen Nampost en die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) doodgeloop het. Nampost bied ’n verhoging van 1,5%.

Napwu se hoofverteenwoordiger by Nampost, mnr. Abraham Nakatina, het die klagskrif uitgelees, waarin die bestuur van Nampost van verskeie wangedrag beskuldig word – onder meer die onregverdige aanstellings van streeksbestuurders en beheer posmeesters sonder die vereiste kwalifikasies, terwyl sekere poste sonder advertensies gevul word en buitelanders bo Namibiërs aangestel word.

“Nampost neem tugstappe en dank werknemers vir verliese af, maar bestuurders wat die maatskappy groot koste veroorsaak, word sagkens behandel. Werknemers dien lang tye in waarnemende posisies sonder om die toelae hiervoor te ontvang; kontrakwerkers werk lank sonder voordele, en beheerposmeesters verrig al die funksies in die streke; hoekom is streeksbestuurders dan nodig?” wil die ontevrede werkers weet.

Beswaar word gemaak teen Nampost se aanstelling van me. Sonia Bergh om onderhandelinge te lei. Onveilige werksomstandighede word uitgewys waarin koerierwerkers moet werk, ten spyte van opgradering van hul betrokke kantore.

Die vakbond se eise sluit in die afdanking van die uitvoerende hoof, mnr. Festus Hangula; ’n beter aanbod van salarisverhogings; die staak van diskriminasie tussen werknemers en aksie om afwykings in terme van salarisskale reg te maak. “Ons eis hersien van die prestasiebestuurstelsel en kontrakte om kernfunksies in lyn met posbeskrywings van werknemers te bring. Nampost moet sy aanstellingsbeleid onmiddellik hersien,” sê hulle.

Die vakbond gee Nampost sewe dae om op hul klagte te reageer, voordat hulle die arbeidshof of die lynministerie sal nader.

[email protected]

FOTO’s Augetto Graig

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!