NamPower se Haulofu vas aangestel
NamPower se Haulofu vas aangestel

NamPower se Haulofu vas aangestel

Ronelle Rademeyer
Die nasionale kragvoorsiener, NamPower, se waarnemende besturende direkteur, mnr. Kahenge Simson Haulofu, is met ingang 1 Julie vanjaar permanent in dié pos aangestel.
Haulofu, ’n ingenieur, het hom 18 jaar gelede as bestuurder van konstruksieprojekte by ­NamPower aangesluit.
Hy sê in ’n ver­klaring wat Dinsdag deur NamPower uitgereik is, sy taak is om leier­skap te bied in dié tyd waarin die ­kragvoorsiener binne vyf jaar ’n nuwe ­basislading-kragsentrale moet oprig om seker te maak genoeg elektrisiteit word plaaslik opgewek.

Kommentaar

Republikein 2025-03-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer