NamRights vra siek Mwilima se vrylating
Dié menseregteorganisasie het die VN gevra om druk op Namibië se regering te plaas om redes te verskaf waarom dit nié kan gebeur nie.
Catherine Sasman - NamRights het ‘n dringende versoek aan die Verenigde Nasies (VN) se hoëkommissaris vir menseregte se spesiale verslaggewer oor marteling gerig vir die vrylating van die Caprivi-hoogverraad-beskuldigde mnr. Geoffrey Mwilima (62).
Dít om gesondheidsredes.
Mwilima, wat op 4 Augustus 1999 in hegtenis geneeem is, word al vir meer as 18 jaar in Eenheid 6 van die maksimumsekuriteitafdeling van Windhoek se Sentrale Gevangenis aangehou.
NamRights sê Mwilima ly aan chroniese diabetes mellitus, chroniese hoë bloeddruk, epilepsie en nierversaking.
Hy ontvang sedert 2014, toe hy erg gedehidreer was, twee keer ‘n week vir vier ure op ’n slag dialise.
NamRights sê ten spyte van Mwilima se toestand word van hom verwag om ‘n lang afstand van die portier se kantoor af tot by die maksimumsekuriteiteenheid te stap.
Tydens sy verhoor en ná hy gevonnis is, het die Namibiese Gevangenisdiens in die hof onderneem om aan Mwilima se spesiale voedingsbehoeftes te voldoen, maar NamRights voer aan dit word nie gedoen nie.
Om sake te vererger, sê NamRights, Mwilima is van ‘n deel van die gevangenis waar ‘n kliniek was, verskuif na die maksimumsekuriteiteenheid waar daar nie ‘n interkom is om in noodgevalle te gebruik nie en ook geen geriewe om ná 16:00 kos voor te berei nie.
Mwilima se bekommerde familielede het op 20 Oktober ‘n brief aan die regeringskoerant New Era geskryf waarin hulle aanvoer Mwilima bestee maandeliks gemiddeld N$1 200 van sy eie geld daaraan om vir homself kos te koop om sy voedingsbehoeftes aan te vul en ‘n verdere N$1 500 aan medikasie.
Die betrokke familielede sê hy het onlangs ná hy van ’n dialisesessie af teruggekeer het, ‘n hele aand lank gebloei, maar hy was nie in staat om die gevangenisowerhede daarvan in kennis te stel nie.
Sy familie het by die Namibiese owerhede gepleit om hom op mediese parool vry te laat “sodat die familie hom tuis kan versorg.”
“Mwilima kry sy diabetesinspuitings op ‘n leë maag en dit kan sy toestand vererger,” het NamRights gewaarsku.
Mnr. Phil ya Nangoloh, uitvoerende direkteur van NamRights, sê sy organisasie is bekommerd daaroor dat korrektiewe owerhede “die bedoeling” kan hê om Mwilima se gesondheidstoestand só te laat verswak dat dit sy dood kan veroorsaak.
“Ons kommer word vererger deur die feit dat nagenoeg 30 politieke Caprivi-gevangenes reeds onder raaiselagtige omstandighede in die toesig van Namibiese owerhede dood is,” het Ya Nangoloh gesê.
Hy het bygevoeg:”Ons is bekommerd oor berigte dat Mwilima deur ‘n dokter van Zimbabwe behandel word. Ons het geen probleem daarmee as die dokter hier in sy of haar private hoedanigheid aangekom het nie. Ons vermoed egter die dokter is deur (pres. Robert) Mugabe se bewind hierheen gesekondeer, wat welbekend vir polities gedrewe moorde op opponente is.
“Ons is ook bekommerd oor die feit dat hierdie burgers van die Caprivi-strook toegelaat word om voor Zimbabwiese regters en aanklaers, wat deur die Mugabe-bewind gesekondeer is, te verskyn. Geregtighheid moet nie net geskied nie, daar moet ook gesien word dat dit geskied.”
Verlede week is berig die gevangenisowerheid het gesê Mwilima kwalifiseer nie vir mediese parool nie omdat sy gesondheidstoestand nie aan die wet op korrektiewe dienste se vereistes vir die vrylating van gevangenes om mediese redes voldoen nie.
Volgens die wet “mag“ die minister van veiligheid en sekuriteit ná konsultasie met die kommissaris-generaal van gevangenisse, mediese parool of voorwaardelike vrylating toestaan aan gevangenes wat “ernstige, infektiewe of aansteeklike siektes” het of “wie se voortgesette aanhouding nadelig vir sy of haar gesondheid op grond van sy of haar fisieke toestand, sal wees”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie