‘Namutoni se verval onaanvaarbaar’
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme veroordeel ten sterkste Namibia Wildlife Resorts (NWR) se wanbestuur van Fort Namutoni in die Etosha Nasionale Park.
In ’n sterk bewoorde nuusverklaring van die ministerie sê die woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, die agteruitgang en verval van die fort, ’n nasionale monument en toeristetrekpleister, is onaanvaarbaar.
“As die bewaarder van nasionale parke veroordeel die ministerie die wanbestuur van Fort Namutoni, asook die ongeërgde houding en nalatigheid van NWR se verantwoordelike bestuur en personeel,” lui die verklaring.
“Die ministerie verseker die hoogste standaarde van bestuur moet in ons nasionale parke gevolg word. Die huidige situasie sal nie verduur word nie en die ministerie sal nie huiwer om alternatiewe reëlings by Namutoni en ander oorde in nasionale parke in te stel as dit so voortduur nie,” lui die verklaring.
Dit volg ná ’n voormalige natuurbewaarder, Phillip Steyn, foto’s van die verval in die sosiale media geplaas het.
NWR het in ’n mediaverklaring gereageer die opgradering van Namutoni sal N$20 miljoen kos, wat die maatskappy nie tans het nie.
Die ministerie het opdrag aan die adjunkdirekteur van Etosha gegee om te verseker dat NWR die opknapping van die Namutoni-oord, asook die algemene omgewingsbestuur en netheid te alle tye moet onderhou.
Foto Phillip Steyn

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie