Namutoni-verval ontlok skerp reaksie

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme veroordeel ten sterkste Namibia Wildlife Resorts (NWR) se “wanbestuur” van Fort Namutoni in die Etosha Nasionale Park.

In 'n sterk bewoorde mediaverklaring van die ministerie sê die woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, die agteruitgang en verval van die fort - 'n ­nasionale monument en toeriste­trekpleister - is ­onaanvaarbaar.

“As die bewaarder van nasionale parke veroordeel die minis­terie die wanbestuur van Fort Namutoni, asook die ongeërgde houding en nalatigheid van NWR se verantwoordelike bestuur en personeel,” lui die verklaring.

“Die ministerie moet toesien die hoogste standaarde van bestuur word in ons ­nasionale parke gevolg. Die huidige situasie sal nie verduur word nie en die ­ministerie sal nie huiwer om alter­natiewe reëlings by Namutoni en ander oorde in nasionale parke in te stel as dit só voortduur nie,” lui die verklaring.

Dit volg ná 'n voormalige natuurbewaarder, Phillip Steyn, foto's van die verval in die sosiale media geplaas het.

Die ministerie het opdrag aan die adjunkdirekteur van Etosha gegee om te verseker dat NWR die opknapping van die Namutoni-oord, asook die algemene omgewingsbestuur en netheid te alle tye moet onderhou.

NWR het in 'n mediaverklaring gesê die opgradering van Namutoni sal N$20 miljoen kos, wat die maatskappy tans glo nie het nie.

“Die fort is sedert 2013 reeds toegemaak met die bedoeling om dit tot sy voormalige toestand vir beide die plaaslike en internasionale mark op te gradeer,” sê NWR se hoof van korporatiewe kommunikasie, aanlyn media en borge, mnr. Mufaro Nesongano.

“Om die fort tot sy volle glorie te herstel, behels ook die vervanging van die houtdek by die uitkykpunt.

“Die opgradering word op sowat N$20 miljoen beraam wat die NWR nie op die oomblik het nie,” het hy gesê.

“Die projek is ook deel van ons sake- en strategiese plan vir 2017 tot 2021. Die Namutoni Fort-opgraderingsprojek was een van die potensiële ­beleggingsgeleenthede wat verlede jaar by die Ekonomiese Beraad voorgestel is.

“Tot op hede het niks daarvan gekom nie.”

NWR se besturende direkteur, dr. Matthias Ngwangwama, sê die vullis wat in die fort opgehoop het, kan nie verskoon word nie.

Hy het gesê die vervalle struktuur sou onmiddellik verwyder word en die fort sal nou gereeld skoongemaak word totdat dit opge­gradeer word.

Nesongano het beaam NWR kan nie die vullis ontken nie en volgens hom is dit reeds skoongemaak.

Hy wou nie enigiets in reaksie op die omgewingsministerie se verklaring byvoeg nie.

NWR het in Oktober 'n reddingsboei van N$40 miljoen van die regering ontvang waarvan 'n gedeelte aan die vrywillige skeidingspakkette van sowat 250 werknemers sou gaan.

 - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!