Namvet: Geingob 'sleg beïnvloed'
Die Namibiese Oorlogveteranetrust sê dit bly glo dat die huidige administrasie opreg is in sy belofte om aandag aan die lot van oudsoldate te gee.
Catherine Sasman - Die Namibiese Oorlogveteranetrsut (Namvet) sê pres. Hage Geingob se uitsprake oor voormalige soldate van die SWA-gebiedsmag (SWATF) en Koevoet by die Heldedagvieringe Saterdag is weens sommige Swapo-politici se "slegte invloed" op hom.
“Daar was mensgemaakte spanning tussen voormalige soldate en sommige Swapo-politici. Daar is steeds sommige individuele politici wat steeds probeer om 'n slegte invloed op die presiden te hê, sonder om te besef dat hulle hom plaaslik en internasionaal in gevaar stel," het die voorsitter van Namvet, mnr. Jabulani Ndeunyema, gister op 'n mediakonferensie gesê.
Geingob het tydens die vieringe op Oshakati onder meer gesê die Swapo-regering sal "nooit oortuig word dat die eise van voormalige Koevoet-soldate as oorlogsveterane konstruktief erken word nie".
Hy het ook gesê die voormalige soldat is "deur diegene betaal wat hulle gehuur het, en sal nie vergoeding van die regering ontvang nie".
Ndeunyema het gesê Namvet is deur sy plaaslike en internasionale ondersteuners minute ná Geingob se uitsprake gekontak.
“Ons het vir hulle gesê om te kalmeer. Ons is besig om met hulle te konsulteer en vir advies te vra, want dit is 'n baie sensitiewe kwessie,” het Ndeunyema gesê.
Geingob het op verskeie geleenthede met voormalige SWATF/Koevoet-lede by Staatshuis vergader, vernaamlik in Februarie en April, om na hul lot te luister en hulpmiddele vir die oudsoldate te oorweeg.
Ndeunyema het gesê tydens 'n drie uur lange vergadering met Geingob in November verlede jaar het gesprekke hoofsaaklik oor die toekoms en voordele aan voormalige SWATF/Koevoet-lede gehandel, en nie oor die verlede of die "oopkrap van ou wonde nie".
"Die president het ons verseker dat ons lede van sy huis is en ons is sy kinders. Tydens die drie uur lange vergadering het ons net 15 minute die kwessie van veteranestatus bespreek, want baie sensitief in Namibië is, want dit was verkeerd geïnterpreteer deur [die eerste minister van veteransake Ngarikutuke] Tjiriange en andere wat teen Koevoet is.
"Dit vereis gesofistikeerde denke en Geingob alleen kan dit nie doen nie. Dit vereis alle Namibiërs en die parlement, en as ons nie die kwessie kan oplos nie, sal die veteranewet in die hof uitgedaag word," het Ndeunyema gesê.
Hy het bygevoeg: "Ons sal nie toelaat dat iemand alleen eet nie. Geingob sê ons is sy kinder, lede van die Namibiese huis, maar wat is vir ons te ete in die Namibiese huis aangebied? Daar word van ons verwag om nie te steel, in die tronk op te eindig of by Boko Haram aan te sluit nie. Wat eet ons in jou huis?"
Ndeunyema het ook gesê: “Geingob wil nie hê ons moet eet nie, maar dit is nie sy huis nie. Ons vereis van die president om aan ons ons deel van die vis, uraan en diamante te gee. Dit moet onder alle Namibiërs verdeel word. Sleges dan kan ons vorentoe beweeg. Maar vir hoe lank moet ons mense nog oor politiek ly?"
Die Namvet-leier het egter gesê die organisasie is "lief vir Geingob" en glo dat sy administrasie "sal kyk na die kwessie en probleme rakende die voormalige SWATF/Koevoet-soldate”.
“Ons is 100% seker Geingob se administrasie sal aandag aan die lot van die voormalige soldate gee. Hy is besig en ons is seker hy sal sy bes doen om sy huis te verenig. Mense moenie Geingob se uitsprake ernstig opneem nie; dit was 'n politieke uitspraak," het Ndeunyema gesê. Hy het in dieselfde asem gevra vir kalmte onder die voormalige soldate.
WAAR IS DIE GELD?
Die voormalige soldate wil steeds weet wat het presies met die N$36 miljoen geword wat deur die voormalige Suid-Afrikaanse regering as vergoeding vir hulle oorbetaal is.
Geingob het tydens sy eerste staatsrede in 2015 gesê die N$36 miljoen is gelykop tussen die voormalige SWATF/Koevoet-lede, PLAN en die nuwe Namibiese regering verdeel, met elk wat N$12 miljoen ontvang het.
Ndeunyema het gesê die N$36 miljoen was nie bedoel as vergoeding aan die voormalige SWATF/Koevoet-lede nie, maar was eerder vir hul salarisse oor agt maande tydens die demobiliseringsproses tydens 1989.
Hy het verder beweer dat slegs soldate van noordelike Namibië eenmalig N$1 300 elk van hierdie geld ontvang het.
“Geingob weet wat met die geld gebeur het, maar hy wil liewer hê ons moet na Suid-Afrika gaan om die vergoeding daar te eis. Hoe kan jy ons daarheen stuur? Om wat te kry?" vra Ndeunyema.
LUBANGO-KERKERS
Op die vraag wat sy gevoelens is oor die naderende ondersoek oor die sogenaamde Lubang-kerkers, het Ndeunyema geantwoord: “Ons het nie meer onskuldige mense as Swapo doodgemaak nie. Swapo het duisende onskuldige mense binne en buite die land doodgemaak. Waarom dit nie erken nie? Wat steek dit weg? As Geingob die kommissie van ondersoek toelaat om voort te gaan, sal dit die spanning tussen sy administrasie en ander verminder.”
Ndeunyema het gesê die ondersoek sou nie beplan word as die Namibiese regering die beleid van nasionale versoening werklik nagestreef en ten volle geïmplementeer het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie