Namvet mik na stembus
Namvet mik na stembus

Namvet mik na stembus

Catherine Sasman
Catherine Sasman – Die Namibiese Oorlogsveteranetrust (Namvet) oorweeg deelname aan volgende jaar se verkiesings in sy stryd vir die erkenning van voormalige lede van die Suidwes-Afrikaanse Gebiedsmag (SWATF) en Koevoet se regte.

Volgens mnr. Jabulani Ndeunyema is dít die logiese volgende stap weens die oudvegters se volgehoue uitsluiting uit die “Namibiese Huis” deur Swapo en die regering.

Hy het deelname aan die verkiesings as ‘n “riskante” stap bestempel, maar Namvet beskou dit as enigste uitweg.

Ndeunyema het die betrokke oudvegters en familielede versoek om afstand van ander politieke partye te doen.

Namvet glo ’n verenigde stem as magsblok kan veteranestatus vir die groep help beding. Betaalde “hiberneerders” kan egter tot verdere kennisgewing in politieke partye aanbly.

Ndeunyema reken op tot 500 000 kiesers se ondersteuning.

“Ons het geleer politiek bepaal wie oor die mag beskik en nie oor die waarheid nie,” het die Namvet-leier by ‘n nuuskonferensie aangevoer.

‘n Parlementêre komitee het vanjaar bevind die Veteranewet van 2008 behoort nie gewysig te word om ander oudstryders te erken nie.

Oudvegters het in die 2014-verkiesings ‘n informele koalisie met die Workers’ Revolutionary Party (WRP) gesluit, wat twee setels in die Nasionale Vergadering verower het.

Die samewerking is gou deur voortdurende tweespalt ontspoor.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!