Namvet-voorsitter verlaat PDM
Namvet-voorsitter verlaat PDM

Namvet-voorsitter verlaat PDM

Die voormalige soldaat moet nog 'n nuwe politieke tuiste vind, maar sê hy sal nie lede van sy organisasie probeer oortuig om hom te volg nie.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Mnr. Jabulani Ndeunyema, voorsitter van die Namibië Oorlogsveteranetrust (Namvet), het sy amptelike vertrek uit die People’s Democratic Movement (PDM) aangekondig en blameer mnr. McHenry Venaani, president van die PDM, hiervoor.

Ndeunyema is deur PDM-leiers beveel om sy klein kantoor te ontruim op die perseel van die Rooi Vlag Kommando-saal waar honderde voormalige SWATF-solddate en Koevoet-lede vir byna twee jaar reeds aan ’n sitbetoging deelneem.

Volgens hom is die PDM se besluit teweeggebring ná hy SMS-boodskappe in Oshiwambo aan Namvet-streeksleiers gestuur het met die opdrag dat hulle nie lede van enige politieke party moet word nie, omdat Namvet 'n "nie-politiese" organisasie is.

Ndeunyema het verlede Dinsdag by 'n nuuskonferensie gesê Namvet-leiers in die Noorde het toe 'n brief aan die PDM se hoofkantoor gestuur waarin hulle versoek het dat hy uitgeskop word.

“Hulle (die PDM-leierskap) het my nie gevra waarom ek dit gedoen het nie - en daar is baie redes. 'n Bron het gesê die topleierskap het 'n geheime vergadering gehad waartydens hulle besluit het ek moet gaan,” het Ndeunyema gesê.

Hy het gesê Venaani was nie by die vergadering nie en die besluit is dus nog nie afgedwing nie.

“Maar ek is gereed om te gaan voor ek uitgeskop word. Om my uit die kantoor te jaag, is soos om kliënte weg te jaag,” het Ndeunyema bygevoeg.

Hy het gesê 'n wit simpatiseerder van Suid-Afrika sal binne die volgende paar weke weermagtente stuur om te help met die hervestiging van Namvet se kantoor.

Die tente sal op die perseel van die Kommandosaal bly waar voormalige soldate steeds uitkamp.

OUDSOLDATE ‘MISBRUIK’

Ndeunyema het die verstommende bewering gemaak dat sekere PDM-lede van die oudsoldate by die Kommando-koningshuis uitgesmokkel het en "gebruik" het om skade aan eiendom op Okahandja aan te rig in aanloop tot Rooi Vlag-dag en dat hulle saamsweer om 'n individu skade te berokken.

Hy weier om die individu te identifiseer.

Hy het gesê hoewel Venaani nie hierby betrokke was nie, moes hy as leier van die PDM daarvan bewus gewees het.

Ndeunyema het gesê Namvet het die hele September daaraan gewei om 'n verslag met aanbevelings oor hierdie voorvalle op te stel, maar wou nie sê aan wie die verslag gerig is nie.

VENAANI SE ‘FOUTE’

Ndeunyema, wat sedert 1989 lid van die DTA was, het gesê sedert Venaani die party se leier geword het, het hy verskeie taktiese foute gemaak.

Hy beweer Venaani was "24 uur lank” met hom in konsultasie toe hy (Venaani) “'n veldtog begin het om Kaura omver te werp”.

Hy beweer verder Venaani het kort voor 2014 se nasionale verkiesing vir hom gevra om homself nie as 'n kandidaat vir die party beskikbaar te maak nie, omdat die DTA dan as 'n SWATF- en Koevoet-party beskou wou word.

'n Tweede "fout", het Ndeunyema gesê, was om die party 'n nuwe beeld te gee sonder om Namvet, wat hy as ’n tak van die DTA beskou, hieroor te konsulteer.

Voorts maak die PDM-grondwet geen melding van die oudsodlate nie en hulle is ook nie deel van enige van die partystrukture nie, sê hy.

Ndeunyema sê dit was ook ’n fout om Kaura, wat hom later by Swapo aangesluit het, “omver te werp en weg te gooi”.

Nog 'n fout, het hy gesê, was die skorsing van mnr. Vincent Kanyetu, die DTA se voormalige sekretaris-generaal, oor beweringe van korrupsie.

“Politikiek gaan nie oor grade of intelligensie nie; dit gaan oor leierskap," het Ndeunyema gesê.

Hy het bygevoeg: “Ná 28 jaar as 'n volgeling van die DTA beëindig ek vandag formeel my verhouding met die PDM. Ek sal seker maak al my kinders en nabye vriende volg my. Ek sal nie Namvet-lede probeer oortuig om my te volg nie.”

Hy sê hy moet nog vir homself 'n politieke tuiste vir 2019 se nasionale verkiesing vind.

‘MAGTIG’

Ndeunyema het gesê Namvet is ’n “magtige organisasie” wat die statuur van verskeie politieke organisasies versterk het, soos die Workers Revolutionary Party (WRP) en ander, insluitende die voormalige DTA, wat in 2014 se verkiesings parlementêre setels gekry het danksy die ondersteuning van oudlede van SWATF en Koevoet.

Hy beweer die DTA het ten minste twee setels gekry danksy die oudsoldate se steun.

"Opposisiepartye moet ons nie toelaat om op ons eie in die politiek betrokke te raak nie. Ons sal 'n alternatief vir Swapo wees," het Ndeunyema gesê.

Hy het gesê hoewel Namvet nie 'n partypolitieke organisasie is nie, is dit met Kaura se toestemming deur die gebruik van sy kantoor aan die DTA verbind.

“Maar ons het besef die DTA gee nie vir ons om nie,” het hy gesê.

Hy beweer DTA-leiers het die betogende oudsoldate slegs per geleentheid besoek en het nie die moeite gedoen om hulself van hul lot te vergewis nie.

Venaani en mnr. Immanuel Ngaringombe, die PDM se nuwe sekretaris-generaal, was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!