NamWater kry nuwe raad
Groot uitdagings is die droogte, toegang tot water in die Khomas- en Erongostreek, en die toepas van die nuwe strategie.
Augetto Graig
NamWater het verlede week 'n nuwe beheerraad gekry.
Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, het op 5 April nuwe raadslede se amptelike aanstellingsbriewe aan hulle oorhandig.
Die nuwe raadslede is onder andere me. Hilda Jesaja, wat die Vereniging van Plaaslike Owerhede in Namibië (ALAN) verteenwoordig, en me. Aino Nsinano, wat werknemers van NamWater verteenwoordig.
Volgens Mutorwa is nog agt lede uit amper 130 aansoeke uit die private sektor gekies.
Hulle is onder andere me. Laura Ndapanda Ashipala, 'n hidro-ingenieur, mnr. Michael Gawaseb, 'n kenner op die gebied van verbruikersbelange, mnr. Sikongo Haihambo, 'n besigheidsman, en mnr. Joshua Kaumbi, 'n prokureur. Ander lede is me. Viviane Kinyaga, 'n kenner op die gebied van omgewingsbelange, mnr. Thaddius Maswahu, 'n bemarker, dr. Anna Matros-Goreses, 'n omgewingskenner, en dr. L. Postrick Mushendami, 'n finansiële kenner.
Nie meer as agt lede van die private sektor mag op die raad dien nie.
Volgens Mutorwa is dit 'n betekenisvolle verandering omdat die vorige raad permanente sekretarisse as lede gehad het.
Een ander verandering is dat die nuwe raad uit ewe veel mans as vroue bestaan, het die minister verder gesê.
Hy het 'n beroep op die nuwe lede gedoen om so gou moontlik vertroud te raak met NamWater se wet.
Die minister het die raad gevra om die nasionale waterverskaffer te lei met dieselfde erns as wat hulle 'n private maatskappy sou lei.
“Gee leiding op beleidsvlak sodat bestuur reg en volgens wet gedoen kan word,” het hy gesê.
“Die beginsel van goeie bestuur en administrasie moet toegepas word soos in 'n private maatskappy,” het hy gesê.
Volgens die minister is mense geneig om die wet nie goed te ken nie en dan toepassingsfoute te maak wat probleme veroorsaak.
Mutorwa het die nuwe raadslede daaraan herinner dat hulle nou die regering verteenwoordig.
Die belangrikste kwessies wat die nuwe raad moet aanvat, is om die land uit die kloue van droogte te help.
NamWater is reeds betrokke by die ontwikkeling van 'n langtermyn-waterverskaffingsplan en die bestuur moet die raad volgens Mutorwa deeglik hieroor inlig.
Dr. Vaino Shivute, hoof uitvoerende beampte van NamWater, het gesê waterverskaffing aan die sentrale- en kusdele van die land moet ook dringend aandag kry, asook die toepassing van die algemene strategie wat die vorige raad verlede jaar goedgekeur het.
Die nuwe NamWater-raad sal Maandag weer met die minister in Windhoek vergader om 'n voorsitter te kies.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie