• Tuisblad
  • Sport
  • Nande eet Rössmund vir brekfis en wen Swakop Ope

Nande eet Rössmund vir brekfis en wen Swakop Ope

Gholf
Likius Nande het met tien houe gewen toe Rössmund-klub buite Swakopmund die naweek vir die tweede keer die Standard Bank Swakop Ope aangebied het, as deel van die Namibiese Amateurgholfunie (Nagu) se kalender.

'n Sterk veld van 78 spelers – insluitend agt juniors – van bykans elke gholfklub in die land het meegeding en veral die noordeklubs Oshakati en Tsumeb was sterk verteenwoordig.

Die weerstoestande Saterdag­oggend was nie ideaal nie, maar die spelers het hul bes gegee.

In 'n ligte oostewind was Nande in die eerste afslaangroep en het sommer binne die eerste klompie putjies gewys hy is daar vir ernstige besigheid en nie van plan om sy greep op die wentrofee te verslap nie.

Nande se eerste rondte van 69 was drie onder baansyfer en het hom met vyf houe voor sy naaste uitdager Stefanus Bonifatius geplaas.

In die namiddag het Nande die druk deurgaans volgehou en het sy tweede rondte van 69 (bruto) aangeteken om sy voorsprong tot twaalf houe te vergroot.

Kevin Wentzel was ook goed op stryk en het met 71, een hou minder as baansyfer, hom in 'n sterk posisie gehou.

In die B-afdeling het Theo Haimbondi met twee houe teen Mario Polster en die junior Kyle Johnson voorgeloop.

By die vroue was Wilna Bredenhann se voorsprong agt houe, terwyl Steven Massipa 41 punte in die C-afdeling se stableford behaal het.

Sondag se kusweer was soortgelyk, dalk effens warmer, met gelukkig net 18 putjies om te speel.

By die vroue het die immergroen Wilna Bredenhann haar titel behou deur met elf houe te wen. In die A- en B-afdelings het Stefanus Bonifatius met die beste telling van die derde ronde (74) vorendag gekom.

Die organiseerders bedank al die deelnemende spelers, asook die hoofborg Standard Bank vir hul volgehoue ondersteuning.

Die finale uitslae:

Algehele beste bruto, kampioen: Likius Nande 214; Stefanus Bonifatius 224.

Algeheel beste netto: Theo Haimbondi 218; Grant Mather 223.

A-afdeling beste bruto: Kevin Wentzel 233; Hans Naobeb 234

A-afdeling beste netto: Willie Els Junior 225; Rocco Viljoen.

B-afdeling beste bruto: Mario Polster 248; Kyle Johnson Junior 252.

B-afdeling beste netto: Steven Johns 226; Helmut Ndjendja 227.

Vrouekampioen (algehele beste bruto): Wilna Bredenhann 174; Ronel Els 206

Vroue beste netto: Rina Knight 145; Tiekie de Wet 158.

Mans stableford (C-afdeling): 1 Steven Massipa 71 punte; 2 Lukas Hamata 70; 3 Bertie Saunderson 68; 4 Lukas Steven 63.

Kommentaar

Republikein 2025-01-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 22° | 33° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 24° | 36° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 23° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 22° | 39° Aranos: 25° | 38° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 21° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 18° | 35° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 20° | 26° Durban: 20° | 28° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 24° #REF! #REF!