Nande hou kop vir Namibiese Ope-titel
Gholf
Die Rössmund-gholfklub buite Swakopmund was Saterdag en Sondag die plek waar Likius Nande die 2021 FNB Namibiese Ope gholftoernooi ingepalm het.
Die Namibiese Amateurgholfunie (NAGU) sê dit was goed om weer die Ope terug te sien.
Mnr. Marco Swarts, die NAGU-president, het gesê: “Dit was goed om die toernooi weer te kan aanbied nadat Covid alle sportkodes verlede jaar ontspoor het. Baie dankie aan FNB vir hul volgehoue ondersteuning van die elite byeenkoms.”
Ten spyte van ander sportbyeenkomste wat Saterdag in die hoofstad aangebied was, het 48 deelnemers Saterdagoggend in koel en natterige omstandighede afgeslaan.
Geen briljante spel is op die eerste dag aangeteken nie, maar Nande het in die eerste rondte nogtans met 72 houe gelyk aan baansyfer sy neus voor Edwin Kutara gekry. Kutara en Francois Hanekom het beide op 74 in Nande se nek geblaas.
In die tweede rondte het Nande en Kutara op 76 afgesluit, met Hanekom en Stefanus Bonifatius beide op 78. Nande (148) stof Kutara (150) dus met twee houe uit, terwyl Hanekom derde met 152 eindig.
Sondag was die tafel opnuut vir dag twee gedek, met Bonifatius wat vol planne was. Hy eindig op 71 houe met een onder baansyfer wat die beste ronde vir die 2021 Ope toernooi was. Dit besorg aan Stefanus die voortou teen Nande en Hanekom.
Nande bly nietemin koelkop met 74 om die titel met drie houe te verseker, terwyl Helmut Ndjendja in die B-afdeling aan sy voorsprong vasklou om Dennis Haimbondi met een hou te oorskadu.
Sake in die C-afdeling het ietwat in ’n fiasko ontaard toe dit aan die lig gekom het dat vier spelers van ’n verkeerde bof afgeslaan het en dus gediskwalifiseer is. Vir deelnemers wat geen kans gestaan het nie, was daar skielik nuwe hoop op die horison.
Shiikwa Kathingo, gebiedsverkoop- en diensbestuurder van FNB, het die deelnemrs met die prysuitdeling geprys.
Hy het gesê: “Baie geluk aan al die spelers en veral die wenners van die onderskeie afdelings. Dit is ’n eer vir FNB om nasionale byeenkomste soos die ope asook ander sporkodes in Namibië te ondersteun.
Die voorste uitslae:
Algehele bruto-wenner en 2021 Namibiese Ope Kampioen: Likius Nande (222), 2 Stefanus Bonifatius (225).
Algehele netto-wenner: Helmut Ndjendja (216), 2 Dennis Haimbondi (217).
A-afdeling bruto-wenner: Edwin Kutara (229), 2 Francois Hanekom (231).
A-afdeling netto-wenner: Hans Naobeb (233), 2 Fritz Coetzee junior (235).
B-afdeling bruto-wenner: Theo Haimbondi (247); 2 Kyle Johnson (250).
B-afdeling netto-wenner: Lukas Steven (223), 2 A. Moses (229).
C-afdeling bruto-wenner: Winner: Bertie Saunderson (181); 2 Miguel Tordesillas (197).
C-afdeling netto-wenner: Achmet Abrahams (156), 2 Lester Hess (159).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie