Nande ook 2018 se kampioen
Nande ook 2018 se kampioen

Nande ook 2018 se kampioen

Die kampioen het drie houe voor Walter Heibeb klaargemaak.
Likius Nande het laas naweek opnuut sy plaaslike kompetisie oorskadu om vir die tweede opeenvolgende jaar die gesogte titel as houer van die FNB Namibiese Ope gholfkampioenskap te verower.

Nande, die 24-jarige speler van Swakopmund se Rössmund-klub, het in die laaste twee jaar feitlik elke groot plaaslike toernooi gewen waarin hy gespeel het.

Die Windhoek Gholf- en Buiteklub het die toernooi laas naweek in samewerking met sy hoofborg FNB Namibia aangebied. Dit was 'n erkende toernooi op die jaarprogram van die Namibiese Amateur Gholfunie (Nagu) en spelers kon dus punte op die nasionale merietelys byvoeg.

Spelers in die A-, B- en C-afdelings het almal 54 putjies oor die twee dae gespeel, waarvan 36 Saterdag en die finale 18 op Sondag.

Die altesame 54 spelers wat inge­skryf het (insluitend 17 wie se voorgee hulle in die A-afdeling plaas) het van oral in die land gekom. Vier was van Oranjemund, drie van Rössmund, vyf van Omeya, sewe van Tsumeb, agt van Walvisbaai en 27 van die gasheerklub Windhoek.

Die uitslae van die FNB Namibiese Ope was soos volg:

Algeheel beste bruto (kampioen):

1 Likius Nande (229 houe), 2 Walter Heibeb (232).

Algeheel beste netto: 1 Jonas Katti (205), 2 Terus Burger (205).

A-afdeling, beste bruto: 1 Stanley Gawanab (233), 2 Kevin Wentzel (234). Beste netto: 1 John Zhang (216), 2 Justus Amutenya (221).

B-afdeling: beste bruto: 1 Charlie Haoseb (244), 2 Helmut Ndjendja (224). Beste netto: 1 Joseph Martin (222), 2 Cilliers Sachse (227).

C-afdeling, beste bruto: 1 Leevi Tshoopara (264), 2 Wabomba Singoro (273). Beste netto: 1 Toady Gurirab (228), 2 Paul Grobler (229).

Vier pryse vir die houe naaste aan die pen was op die spel en is deur die Windhoek Buiteklub-gholfklub op die spel geplaas. Die wenners was Karl Swarts (putjie 3), Tuhafeni Shinedima (putjie 9), Stanley Gawanab (putjie 13) en Leevi Tshoopara (putjie 17).

Die organiseerders bedank Steve Basson wat die tellinghouding hanteer het en as skeidsregter opgetree het, asook die twee afsetters, me. Bärbel von Klitzing en Ulysses Felix.

Die Buiteklub se baan is tans in goeie kondisie, maar die ruveld hou heelwat probleme in vir spelers wat nie hul houe op die skoonveld kan hou nie.

• 'n Gesamentlike, maar afsonderlike kompetisie is vir beroepspelers aangebied, met Dundee Precious Metals wat die totale prysgeld van N$55 000 geborg het.

Die gesoute Joe Nawanga het boaan die kompetisie vir beroepspelers klaargemaak toe hy gelyk met baansyfer (71) geëindig het en sodoende die wenprys van N$14 000 ingepalm het.

In die tweede plek was Edwin Kutara (drie oor baansyfer) en derde was Paulus Shimoshili (agt oor baansyfer), wat op uittel voor Stefanus Bonifatius geplaas is.

• Die Buiteklub se volgende kompetisie – die vierde been van sy Windhoek Lager Monthly Medley-reeks – word op 12 Mei gespeel.

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!