Nande se string seges staan op agt
Nande se string seges staan op agt

Nande se string seges staan op agt

Die Swakopmund Ope is die nuutste titel op sy kerfstok.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Likius Nande bly vuurwarm op dreef in plaaslike gholf en het laas naweek sy agtste toernooi op 'n streep gewen waarin merietepunte van die Namibiese Amateur Gholf­unie (Nagu) op die spel was.

Die jong Swakopmunder is vanjaar nog onoorwonne in Nagu-toernooie en die laaste keer dat hy geklop is, was in September laas jaar by die Kus Ope toe Kevin Wentzel gewen het.

Laas naweek is die 2018 Multichoice Swakopmund Ope gholfkampioen­skap soos gewoonlik oor 54 putjies by die Rössmund-baan buite Swakopmund beslis.

Spel het Saterdagoggend in gunstige weer begin, ondanks die vroeë uitdaging van mistigheid wat die eerste afslaantye vertraag het.

'n Totaal van 96 spelers, insluitend 38 vroue van klubs oral in Namibië, het in hul onderskeie afdelings ingeskryf.

Dit was vroeg duidelik dat die verdedigende kampioen Likius Nande besluit het om sy vierde Swakopmund Ope-titel op 'n streep te wen. Ná die eerste 18 putjies was hy op die voorloperbord gelyk aan baansyfer en gesamentlik boaan met Grant Mather. Twee houe agter hulle was Kevin Wentzel en Gert Olivier.

Danksy die toernooiborg en die klubhuis se kombuis kon spelers 'n heerlike bord kos ná die halfpadmerk geniet.

Met alles op die spel in die tweede ronde het Nande sy kop aangeskroef gehou en met 'n bruto 73 na die klubhuis teruggekeer, terwyl Mather en Wentzel elkeen 'n 74 aangeteken het en Olivier met 77 teruggesak het.

In die B-afdeling het Anton Bonifatius se bruto telling van 81 hom ná die oggendsessie laat voorloop, terwyl Mark Jacobs sy stempel op die C-afdeling afgedruk het.

By die vroue was Wilna Bredenhann los voor met nege houe voor haar naaste uitdager, Ruanda de Beer. Die skoonveld was vinnig dat dit gereeld gebeur het dat spelers drie houe nodig gehad het om hul sethoue te sink.

Likius Nande het vir die grootste deel van die laaste ronde kopgehou om sy klein voorsprong enduit te behou.

Grant Mather het saam met die voorlopers gebly, maar het nie vir die pryse in aanmerking gekom nie omdat hy steeds as 'n beroepspeler geklassifiseer word totdat hy sy amateurstatus in Augustus herstel word.

By die prysuitdeling het me. Levana Cloete, Multichoice se bestuurder van korporatiewe sake, al die spelers vir hul deelname bedank en het bevestig dat die maatskappy ongetwyfeld in 2019 weer as hoofborg sal optree.

Die voorsitter van Rössmund gholfklub en president van die Namibiese Amateur Gholfunie, mnr. Marco Swarts, het eweneens die borg vir sy toewyding tot sport in Namibië en voortgesette steun aan die Swakopmund Ope geloof. Hy het ook sy dank uitgespreek vir die werk agter die skerms deur die gholfklub se personeel en die toernooikomitee wat moes verseker dat al die reëls en regulasies gevolg word.

Die uitslae was soos volg:

Algeheel: Bruto wenner: 1 Likius Nande (218); 2 Kevin Wentzel (225).

Netto wenner: 1 Jonas Katti (211); 2 Gert Olivier (213).

A-afdeling: Bruto wenner: 1 Gielie van Wyk (234); 2 Josef Nugurib (238).

Netto wenner: 1 T Burger (221); 2 Edwin Geinub (224).

B-afdeling: Bruto wenner: 1 Anton Bonifatius (241; 2 Helmut Ndjendja (245).

Netto wenner: 1 Joseph Martin (213); 2 E Venter (226).

C-afdeling: Bruto wenner: 1 Mark Jacobs 171; 2 Toady Gurirab 184.

Netto wenner: 1 Clive Lawrence 143; 2 N Michael 149.

Vroue-afdeling: Bruto wenner: 1 Wilna Bredenhann 165; 2 Wilma van der Merwe 186.

Netto wenner: 1 Runda de Beer 149; 2 W Walters 150.

Stableford wenner: 1 C Walters 76; 2 Z Nel 67 (uittel).

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!