Nande terug op koers, wen Ru00f6ssmund Ope
Nande terug op koers, wen Ru00f6ssmund Ope

Nande terug op koers, wen Rössmund Ope

Gholf
'n Voorsprong van een hou was uiteindelik genoeg vir Likius Nande om die Distell Rössmund Ope gholfkampioenskap vroeër vandeesmaand by die Rössmund-baan buite Swakopmund te wen.

Die gedugte speler het op sy tuisbaan gewys hoekom hy die afgelope jare so 'n krag in plaaslike toernooie is.

Die kampioenskap was die laaste geleentheid van die jaar waarin punte vir die merietelys van die Namibiese Amateur Gholfunie (NAGU) verdien kan word, vir diegene wat daarna streef om 'n plek in die nasionale manspan te verdien.

Ongelukkig het die toernooi soos sommige vorige kere weer net 'n kleinerige veld van 46 spelers gelok. Dit kan deels toegeskryf word aan ander geleenthede soos die Nedbank Desert Dash, asook die Kwela Dorp van die Jaar-vieringe.

Nietemin was klubs soos Windhoek Buiteklub, Oshakati, Oranjemund, Tsumeb, Gobabis, Walvisbaai en Rössmund verteenwoordig.

Die baan was in uitstekende toestand en die weersomstandighede was aan die warm kant, met lugvogtigheid wat ook op die eerste dag bygedra het om die energie te tap.



KOP-AAN-KOP

Ná die eerste 18 putjies was Gabriel Shikodi die voorloper met 69 houe (bruto), hoewel sy aanspraak begin kwyn het met 'n teleurstellende tweede ronde van 80 houe.

Die verdedigende kampioen Stanley Gawanab, Grant Mather en Likius Nande het ook hulself in die voorste posisies gevestig. Aan die einde van die tweede ronde het Shikodi steeds aan 'n voorsprong van een hou bo Nande vasgeklou, met Gawanab op 150 en Grant Mather op 151.

In die B-afdeling was Fanie Terblanche (165) met een hou voor Willie van Zyl en Rudi Auseb, terwyl Tsumeb se junior Kyle Johnson weggehardloop het met die C-afdeling, tien houe voor sy naaste uitdager.

Die Sondagoggend was weerstoestande omtrent dieselfde en het die kompetisie in die vierbal van voorlopers opnuut kop-aan-kop verloop, totdat Nande uiteindelik die oorwinning met een hou beklink het.

Die president van NAGU, mnr. Marco Swarts, het die borg Distell bedank vir sy volgehoue ondersteuning van gholf oral in Namibië.

Swarts het ook sy waardering uitgespreek teenoor die personeel en gholfkomitee van die Rössmund-gholfbaan vir hul harde werk agter die skerms ter voorbereiding op die toernooi. “Die nuwe spelers wat deurkom, is ook verblydend.”

Namens die hoofborg het me. Karien Siemens gesê Distell is verheug omo ná soveel jaar steeds deel van die toernooi te wees en het al die deelnemers vir hul opkoms bedank. Sy het bevestig dat die maatskappy sy verbintenis tot Namibiese gholf sal voortsit en uitsien na volgende jaar se kalender.

Die voorste uitslae:

Algehele bruto wenner (kampioen): 1 Likius Nande 221; 2 Grant Mather 222.

Algeheel beste netto: Chris Heunis 218; 2 Willie van Zyl 219.

A-afdeling bruto wenner: 1 Stanley Gawanab 224; 2 Gabriel Shikodi 229.

A-afdeling netto wenner: Andrew van Schalkwyk 227; 2 Jonathan Mather 229.

B-afdeling bruto wenner: Fanie Terblanche 245; 2 Mario Polster 249 (uittel).

B-afdeling netto wenner: Rudi Auseb 224; 2 T de Wet 227.

C-afdeling bruto wenner: 1 Kyle Johnson Junior 188; 2 Izak Johnson 198.

C-afdeling netto wenner: 1 Steven Massipa 161; 2 J. Rayners 163.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!